Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Ouditeure hou oog oor puntetoekennings
06 September 2018

Mazars, ’n internasionale ouditeursmaatskappy wat in 86 lande sake doen, het hom vanjaar as onafhanklike ouditeur en borg by die Matrikulant van die Jaar-kompetisie gevoeg.

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Volksblad bied dié kompetisie sedert 1981 aan.

Thinus de Vries, ’n vennoot van Mazars in Bloemfontein, en Johané Odendaal, ’n topfinalis in verlede jaar se Matrikulant van die Jaar-kompetisie. Mazars het hom vanjaar as onafhanklike ouditeur en borg by dié kompetisie gevoeg. Foto: Mlungisi Louw

“Dit is vir ons ’n wonderlike geleentheid om by die ontwikkeling van toekomstige leiers betrokke te wees. Wat dit meer spesiaal maak, is dat die kompetisie in die hartjie van die Vrystaat plaasvind en by die UV, waar die meeste van Mazars Central se personeellede studeer het,” sê Thinus de Vries, ’n vennoot van Mazars in Bloemfontein.

Mazars, wie se borgskap aan die kompetisie R35 000 beloop, het ses vennote en ongeveer 80 personeellede in sy Bloemfontein-kantoor.

As onafhanklike ouditeur bevestig Mazars die akkuraatheid van die puntetoekennings van al die inskrywings wat ontvang en deur die beoordelaars evalueer is. Dit is om seker te maak dat die puntetoedeling in ooreenstemming is met die riglyne wat gestel is.

“Gedurende die kompetisienaweek woon personeellede van Mazars die evaluasiesessies by en kontroleer ook die uitslae soos deur die beoordelaars bepaal,” sê De Vries.

Johané Odendaal, ’n topfinalis in verlede jaar se kompetisie, studeer nou BSc (wiskunde en fisika) aan die UV.

Dié oudleerling van die Goudveld-Hoërskool in Welkom sê dat die lewe en aanpassing op universiteit uitdagend is, “maar ek word elke dag geïnspireer en geniet elke oomblik”.

Volgens haar het die Matrikulant van die Jaar-kompetisie ’n wonderlike platform vir goeie menseverhoudinge en hardwerkendheid vir haar gelê.

Johané was vanjaar deel van die Kovsie-netbalgroep en is ook by die Mangaung-metro se o.19-netbalspan ingesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.