Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Ouers het 10 dae om te sê oor hul skool vir 2019

Wes-Kaapse ouers wie se kinders by meer as een skool toelating gekry het, moet binne tien dae bevestig watter skool hul kind volgende jaar gaan bywoon, of hulle kan al hul opsies verbeur.

Meer as 8 000 plekke word tans vir leerlinge “geblokkeer” omdat daar leerlinge is wat by meer as een skool toelating gekry het, sê Debbie Schäfer, LUR vir onderwys in die provinsie, in ’n verklaring.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys. Foto: Deon Raath

“Die Wes-Kaapse onderwysdepartement se toelatingstelsel wys wanneer leerlinge op twee of meer skole se toelatingslyste is.

“Die stelsel dui aan 8 101 plekke word tans geblokkeer deur ouers wat nie bevestig het watter skool hulle vir 2019 kies nie.”

Ouers word aangemoedig om by meer as een skool aansoek te doen, en in sommige gevalle word leerlinge by tot vier skole aanvaar. Ouers word wel ook aangemoedig om te verseker dat hulle alle skole in kennis stel of hulle die toelating aanvaar of van die hand wys, sê Schäfer.

“As ouers nie die skole laat weet of hulle ’n plek aanvaar of verwerp nie, het die skoolhoofde geen ander opsie as om die plekke aan ander leerlinge op die waglyste toe te ken nie.”

Die probleem is veral ten opsigte van gr. 8, waar daar meer as 5 000 leerlinge by meer as een skool aanvaar is.

“Ons skole is reeds vol. Daarom vra ons ouers om asseblief die verantwoordelike ding te doen en ’n besluit te neem,” sê Schäfer.

Meer oor:  Debbie Schäfer  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.