Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Ouers ‘moet opskud’ met plasing in skole

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, het hom Woensdagmiddag tot Twitter gewend om ouers van leerlinge aan te jaag om skoleplasings te aanvaar of te verwerp, anders mag hulle dalk hul aansoeke by skole van hul keuse verbeur. Die sperdatum is Donderdag.

Lesufi het Woensdagmiddag getwiet sowat 77 000 ouers het nog nie op die departement se SMS’e met die toegewysde skole vir 2020 reageer nie.

Hy het verder getwiet 60 000 nuwe plekke vir leerlinge wat op die departement se stelsel gehang het, is Woensdag vrygestel.

Ouers wat hul gr. 1- of gr. 8-leerling vir 2020 moes inskryf, kon voorheen aanlyn vir skole van hul keuse aansoek doen. Die departement besluit egter by watter een van die moontlikhede die kinders geplaas word en doen dan vir die ouers ’n aanbod. Hoe nader ’n kind aan ’n skool woon, hoe groter is die kans om daar geplaas te word, maar plasings is ook onderhewig aan die skole se kapasiteit om leerlinge in te neem.

Die ouers kan die aanbod dan aanvaar of verwerp, met die hoop dat die departement dit kan heroorweeg.

Die departement het in ’n verklaring gesê as ouers nie die aanbod aanvaar of verwerp nie, word die stelsel oorlaai en weerhou dit ander ouers van die geleentheid om aanbiedinge te kry.

Indien ouers nie reageer nie, kan hulle eenvoudig die aanbiedinge verbeur en kan dit vir ander ouers aangebied word.

Lesufi het Woensdag aan eNCA gesê elke kind sal by een van sy skole van voorkeur geplaas word. Die departement het in ’n verklaring verseker alle leerlinge sal geplaas word.

“Ouers wat nie toegang tot die internet het nie, kan die skool of streekskantore besoek waar hulle bygestaan sal word om die aanbiedinge te aanvaar.”



Meer oor:  Skoleplasings  |  Panyaza Lesufi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.