Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Ouers sluit skool se hekke weens swak vervoer

Ontstoke ouers van leerlinge aan die Patensie High School het Vrydagoggend die skool se hekke gesluit en kinders verbied om die terrein te betree.

Die ouers het tot dié drastiese stap oorgegaan om hul misnoeë oor die gebrek aan skoolvervoer te kenne te gee.

Volgens ouers is die vervoer, wat deur die Oos-Kaapse onderwysdepartement verskaf word, sporadies en soms maande lank glad nie beskikbaar nie.

Leerlinge van die Patensie High School is Vrydagoggend verhoed om skool by te woon.

Die departement verskaf vervoer aan leerlinge van die Andrieskraal-, De Mistkraal-, Condomo-, Kougadam-, Kwagga-, Cambria- en Fairview-nedersetting.

Sommige van dié leerlinge woon meer as 40 km van die skool af.

Basil Jafta, ’n ouer en die skool se tesourier, sê hy besef dit is nie ’n goeie besluit om die skool te sluit nie, maar dit is die enigste manier om die departement se aandag te kry.

Volgens Jafta is 170 leerlinge verlede jaar negatief geraak deur die gebrek aan vervoer.

Dié jaar het nog sowat 80 leerlinge in gr. 8 bygekom, sê Jafta.

“Die departement het begin verlede jaar gesê ouers moet self sorg vir vervoer vir die eerste drie maande van die jaar, terwyl die departement sy begroting hanteer.

“Hierna was dit sien en kom klaar. Sommige tye het die vervoer gekom en ander tye nie, weens die departement se versuim om hul kontrakteurs (die bestuurders) te betaal.”

Jafta sê sommige leerlinge het weke lank skool misgeloop omdat die meeste van die ouers, almal seisoenale plaaswerkers, nie kan bekostig om hul kinders self skool toe te vervoer nie.

“Daar was verlede jaar 34 matrieks by die skool. Tien het geslaag en 24 het gedruip. Die 24 wat gedruip het, is kinders wat staatgemaak het op vervoer.

“As die kinders nie daagliks by die skool uitkom nie, kan hulle nie leer en vorder nie,” sê Jafta.

Nog ’n ouer, Jolene Swartz, sê om ’n kind self by die skool te kry, jaag ’n ouer daagliks R50 uit die sak.

Volgens Swartz het sommige private taxi’s verlede jaar R600 tot R1 000 per maand gevra om leerlinge skool toe en terug te vervoer.

Sommige leerlinge het uit desperaatheid begin duimgooi, maar ouers is uiters bekommerd oor hul veiligheid.

“Ons is arm en kan nie die vervoer bekostig nie,” sê Swartz.

Netwerk24 het reeds Donderdag (toe ouers inbel oor die probleem) navraag by Mali Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van onderwys, gedoen, maar hy het teen Vrydag nog nie gereageer nie.

Intussen is daar besluit dat die ouers Dinsdag in Kareedouw met afgevaardigdes van die departement gaan vergader om die probleem te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.