Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Oupa 'in ou pak en weglêsnor' na matriekafskeid

’n Oupa aan die Wes-Rand het baie hartseer gevoel toe sy kleindogter hom gevra het om haar metgesels na haar matriekafskeid te wees.

Zelmarie Dry (18), ’n gr. 12-leerling aan Hoërskool Monument in Krugersdorp, sê sy het Stephen van Winkel (57) gevra om haar metgesel na haar matriekafskeid te wees omdat sy nie een gehad het nie.

Zelmarie Dry (18) en Stephen van Winkel (57).

Die matriekafskeid was verlede Vrydag.

“Dit was toevallig sy verjaarsdag op die dag en ek het gedink aangesien hy my van kleins af skool toe vat, kan ek hom net sowel na my matriekafskeid vat,” sê Dry.

Sy sê haar skoolmaats het haar nie snaaks aangekyk toe sy met Van Winkel opdaag nie. “Almal het gedink dis verskriklik oulik.”

Van Winkel het sy pak wat hy by Dry se oom en tannie se troue elf jaar terug gedra het, weer op haar matriekafskeid gedra.

“My oupa het baie geëerd en spesiaal gevoel.”

Hulle het in ’n ou roomkleurige Mercedes opgedaag.

“Ek was hartseer gewees omdat sy nou so groot is. Ek was nie senuweeagtig nie. Ek vat haar skool toe sedert sy ses is,” sê Van Winkel.

Hy sê dit was lekker om sy kleindogter se metgesel te wees en dit was ’n spesiale aand vir hulle.

Meer oor:  Krugersdorp  |  Matriekafskeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.