Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
PE kry ná 70 jaar sy mediese skool

Die droom om ’n mediese skool in Port Elizabeth te open is ná meer as 70 jaar nou amptelik ’n werklikheid.

Afgevaardigdes van die Nelson Mandela-universiteit (NMU), het onder die leiding van wyle prof. Lungile Pepeta volstoom daaraan begin werk om die droom te realiseer nadat dr. Aaron Motsoaledi, voormalige minister van gesondheid, die groen lig vir ’n mediese skool aan die NMU gegee het.

Die mediese skool aan die NMU is die tweede mediese skool wat sedert die einde van apartheid in Suid-Afrika tot stand gekom het en die tiende mediese skool in Suid-Afrika.

Die Sefako Makgatho-universiteit vir gesondheidswetenskappe in Ga-Rankuwa het in 2014 tot stand gekom.

Aansoeke vir die ses jaar lange mediese graad skop af op 6 Januarie 2021, het die NMU aangekondig.

Die Nelson Mandela-Universiteit se mediese skool begin van volgende jaar af dokters oplei.

Prof. Sibongile Muthwa, die NMU se visekanselier, sê die groen lig wat hulle ontvang het van die Suid-Afrikaanse kwalifikasieowerheid was die laaste hekkie waaroor hulle moes kom.

“Dit gee vir my groot plesier om te kan sê die NMU het die finale bevestiging gekry om die tiende mediese skool in die land te open, en die tweede in die Oos-Kaap.

“Ek wil my dankbaarheid uitspreek aan almal by die universiteit en van buite wat ’n kardinale rol gespeel het om alles moontlik te maak.”

Volgens Muthwa kom die goedkeuring op ’n merkwaardige tyd waarin die land in die wurggreep van die tweede vlaag van die koronaviruspandemie is, wat groot druk op die gesondheidstelsel plaas en waartydens baie gesondheidswerkers hul lewe verloor het.

Covid-19 het ook vir Pepeta geëis.

Prof. Cheryl Foxcroft, adjunkvisekanselier, sê hulle sien daarna uit om kragte saam te snoer met ander instansies wat hul vennote op provinsiale en nasionale vlak is.

Dit is hul doel om dokters te kweek wat daarop toegespits gaan wees om ’n verskil te maak in die lewe van minderbevoorregtes.

Die NMU se mediese skool is geleë by die Missionvale-kampus, in die hartjie van Nelson Mandelabaai se townships.

Dit is naby aan die Dora Nginza- en die Livingstone-hospitaal.

Altesame 100 studente gaan vir 2021 gekeur word. Voorkeur sal gegee word aan matrikulante van die Oos-Kaap met goeie slaagsyfers.

Vanaf die eerste tot die finale jaar gaan studente opleiding doen in gemeenskappe in die metro sowel as distrikshospitale in die Oos-Kaap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.