Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Plan om matriek oor 2 jaar te skryf laat vaar

Die departement van basiese onderwys erken uiteindelik sy tweejaarmatriekplan is ’n mislukking en moet geskrap word.

Die beleid vir veelvuldige eksamengeleentheid is in 2017 ingestel. Dit laat leerlinge wat na matriek deurgesit is sonder om gr. 11 te slaag, toe om die matriekeksamen in twee in twee verskillende sittings te skryf, in November en die daaropvolgende Junie, terwyl hulle – teoreties – intensiewe ondersteuning kry.

Onderwyskenners se kritiek was dat die beleid nie tot beter uitslae lei nie en die matriekslaagsyfer gevolglik skeeftrek.

Die departement het die afgelope week aangekondig die minister, adjunkminister en LUR’e vir onderwys het op ’n vergadering besluit om dié plan te skrap.

Dit is duidelik dat skole die beleid eerder misbruik om slaagsyfers te beknoei as om die werklike kwesbare leerlinge te help, sê die departement.

Melanie Buys, onderwysspesialis van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), sê baie van die leerlinge in die tweejaarprojek voltooi op die ou end nooit hul eksamen nie.

Nomsa Marchesi, DA-woordvoerder oor onderwys, het in Januarie al gesê: “Talle kan uit die stelsel verdwyn om die provinsiale slaagsyfers te verhoog.”

In 2018 is 128 634 matrieks deurgesit na matriek. Net 33 412 van hulle het al sewe vakke aan die einde van die jaar geskryf.

Elijah Mhlanga, woordvoerder, sê die oorblywende meer as 90 000 sal die laaste groep wees wat in Junie ’n tweede geleentheid kry.

Prof. Elda de Waal, waarnemende navorsingsdirekteur van die Noordwes-Universiteit se Edu-HRight-eenheid, sê skole het al vroeër verskeie vorme van hekwagtery toegepas om hul swakste kandidate nie in Desember te laat skryf nie en só hul slaagsyfer te verhoog.

“Dit pla my dat die departement nie besef het dié beleid skep nóg ’n skuiwergat vir skole nie.”

Chris Klopper, bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, sê die beleid was nie realisties nie.

“Daardie kind gaan nooit weer skool toe nie. Hoe berei hy voor?”

Meer oor:  Chris Klopper  |  Elijah Mhlanga  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.