Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Potch Gimmies wéér beste kwintiel 4-skool in SA

Potchefstroom Gimnasium is wéér die beste.

Roelof Oosthuizen, hoof van Potchefstroom Gimnasium, Dinsdag voor die skool met die sertifikaat van beste kwintiel 4-skool in Suid-Afrika. Foto: Susan Cilliers

Nie net in die Noordweste nie, maar sommer landwyd nadat die departement van basiese onderwys dié skool vroeër vandeesmaand as die beste kwintiel 4-skool in Suid-Afrika aangewys het.

Nóg ’n Potchefstroomse skool, The High School for Girls Potchefstroom, beklee die tweede plek landwyd, terwyl die Hoërskool Rustenburg derde geëindig het. Dit beteken die drie beste skole in die kwintiel 4-kategorie in Suid-Afrika is in Noordwes.

Skole word op grond van hul hulpbronne in kwintiele verdeel. Skole met die meeste hulpbronne val in die kwintiel 5-kategorie, terwyl skole met die minste hulpbronne as kwintiel 1-skole geklassifiseer word.

Potchefstroom Gimnasium is twee jaar gelede ook as die beste kwintiel 4-skool in die land aangewys en was verlede jaar die naaswenner.

Roelof Oosthuizen, wat al die afgelope tien jaar hoof van Potchefstroom Gimnasium is, sê die toekenning is danksy toegewyde onderwysers, leerlinge én ouers.

“Ons het kinders wat wil én kan presteer en ouers wat verwag kinders moet werk. Dan het ons ook goeie personeel, almal werk hard en doen moeite om ’n leerkultuur te handhaaf.”

Kinders word byvoorbeeld toegelaat om oor naweke by die skool te kom studeer indien hulle tuis daarmee sukkel.

Die toekenning is net op grond van matrieks se akademiese prestasies. “Die departement kyk onder meer na die slaagsyfer, die aantal onderskeidings, hoeveel kinders met universiteitsvrystelling slaag, asook prestasies in wiskunde- en fisiese wetenskappe,” sê Oosthuizen.

Roelof Oosthuizen, hoof van Potchefstroom Gimnasium.Foto: Susan Cilliers

Die skool se suksesresep is volgens hom om ’n balans by kinders te kweek. Die skool se leerlinge presteer ook goed in sport en was die afgelope 29 jaar 28 keer die wenners op die plaaslike interhoërbyeenkoms.

Potchefstroom Gimnasium bied ook in Mei ’n kultuurweek aan. “Verlede jaar het ons meer as 2 800 items – van kuns, musiek, dans, toneel en debat tot drama – gehad.”

Die skool doen ook op verskillende maniere moeite om matrieks wat sukkel te help om hul prestasies te verbeter. “Ons praat met ouers en leerlinge indien hulle in die rekordeksamen swak presteer sodat ons oplossings kan vind. Kinders word byvoorbeeld toegelaat om oor naweke by die skool te kom studeer indien hulle tuis daarmee sukkel.”

Potchefstroom Gimnasium bied 22 vakke aan. Die skool het ’n oop rooster, wat beteken dat die leerlinge enige kombinasie van keusevakke kan neem. Die skool het 830 leerlinge.

Meer oor:  Potchefstroom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.