Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
President se klem op leesvermoë verwelkom

Dit is kritiek noodsaaklik vir kinders om leesvaardighede en die vermoë om met begrip te lees in die grondslagfase aan te leer, anders word dit ’n groot bydraende faktor tot probleme regdeur hul skoolloopbaan.

cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa lewer Donderdagaand in die nasionale vergadering sy staatsrede. Foto: Jaco Marais

Dit is ook een van die redes waarom kinders uitval voordat hulle matriek bereik, sê die organisasie Equal Education.

Die organisasie se reaksie kom in die lig van pres. Cyril Ramaphosa se aanmerking in sy staatsrede dat as die land binne die volgende dekade wil verseker dat elke tienjarige met begrip kan lees, Suid-Afrika sy gewig by ’n massiewe leesveldtog sal moet ingooi.

Vroeë leesvermoë is volgens hom die basiese grondslag wat ’n kind se opvoedkundige vordering bepaal van hul skoolloopbaan, deur hul studie tot in die werkplek.

Ander ingrypings in dié verband – die verbetering van gehalte- basiese onderwys, die voorsiening van gratis hoër onderwys vir armes, belegging in beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET-kolleges) en die uitbreiding van opleiding in die werkplek – sal volgens Ramaphosa nie resultate lewer as kinders nie kan lees nie.

Hy het aangekondig dat alle onderwysers in die grondslag- en intermediêre fase opgelei gaan word oor hoe om kinders in Engels en in die Afrika-tale te leer lees.

’n Groep ervare opleiers sal ontplooi word om hoëgehalte-ondersteuning aan onderwysers te bied.

“Ons gaan die vroeëgraad-leesprogram toepas wat bestaan uit ’n geïntegreerde pakket van leesplanne, bykomende leesmateriaal en professionele ondersteuning aan onderwysers in die grondslagfase.”

Ons gaan die vroeëgraad-leesprogram toepas wat bestaan uit ’n geïntegreerde pakket van leesplanne, bykomende leesmateriaal en professionele ondersteuning aan onderwysers in die grondslagfase.

Dit is deel van die groter poging om die basiese onderwysstelsel te versterk deur die leierskap by skole te bemagtig, die vermoëns van onderwysers te verbeter en om ’n meer konsekwente maatstaf van vordering vir gr. 3, 6 en 9 te verseker. Vakke soos kodering en data-analise sal op primêre skoolvlak bekend gestel word omdat daar verseker moet word dat jong mense voorbereid is op die werke van die toekoms.

Leanne Jansen-Thomas, woordvoerder van Equal Education, het Vrydag by navraag gesê die organisasie verwelkom dié verbintenis deur Ramaphosa ten opsigte van leesvaardighede. “Ons kan nie sterker beklemtoon hoe belangrik dit is om leesvermoë in die vroeë fases radikaal te verbeter nie.”

Sy het gesê die aankondiging moet nou gevolg word deur konkrete stappe oor hoe dit gedoen gaan word.

Terwyl die ingrypings ten opsigte van leesvaardighede positief en krities is, is infrastruktuur volgens haar nog ’n kwessie was aandag vereis.

“Dit is baie moeilik om kinders te leer lees in ’n oorvol klaskamer met geen elektrisiteit waar hulle nie kan sien wat op die bord of in hul boeke geskryf staan, of wanneer dit baie warm of koud in ’n klaskamer is,” het Jansen-Thomas gesê.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het in sy voorlopige reaksie in ’n verklaring gesê die klem wat op lees met begrip geplaas word, steun sy standpunt dat as goeie leesvaardighede nie van die grondslagfase aangeleer word nie, dit nie net taalonderrig negatief beïnvloed nie, maar ook al die ander vakke soos wiskunde en wetenskap.

Onderwysers kla dat die kurrikulum te vol en wyd is en dat daar nie genoeg tyd is vir die inoefening of aanleer van nuwe konsepte nie.

Só ’n program sal groot eise aan sowel onderwysers as die betrokke skole stel aangesien bepaalde gedragspatrone afgeleer en nuwes aangeleer moet word. ’n Weldeurdagte program sal dus nie binne twee of drie middagsessies voltooi kan word nie.

Die vakbond ondersteun ook die voorsiening van goeie opleidingsmateriaal mits dit nie beteken dat ’n “een-grootte-pas-almal”-benadering gevolg word nie, aangesien skole wesenlik van mekaar verskil en gedifferensieerde leermateriaal (handboeke) in berekening gebring moet word.

Die SAOU stem saam dat die kurrikulum tred moet hou met die eise van ’n veranderende arbeidsmark en ’n moderne samelewing, maar “dit sal nie deug” om net nuwe vakke – soos kodering en data-analise – tot die oorvol kurrikulum te voeg, nie.

“Onderwysers kla dat die kurrikulum te vol en wyd is en dat daar nie genoeg tyd is vir die inoefening of aanleer van nuwe konsepte nie. Dit is veral in die intermediêre fase ’n groot probleem. Die SAOU sal gewis voorleggings doen dat nuwe vakke nie op ’n ad hoc-basis bygevoeg kan word nie, aangesien dit gewis oor die potensiaal beskik om onderrigtyd te verskraal of die skooldag dermate te verleng.”

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Sona 2019  |  Onderwys  |  Skole  |  Staatsrede 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.