Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Priscilla eerste in familie wat graad vang

’n Jong vrou van Kimberley het die eerste lid van haar familie geword wat ’n universiteitsgraad behaal toe sy vandeesweek ’n graad in die regte aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) ontvang het.

Priscilla Brandt (24) het Woensdag haar LLB-graad ontvang. Sy is ook die eerste lid van haar familie wat matriek voltooi het.

Priscilla Brandt (24) saam met haar ouma, Lingiwe Mvelase, nadat sy Woensdag haar LLB-graad ontvang het. Foto: Verskaf

Sy het by haar ouma, Lingiwe Mvelase, in Kimberley grootgeword wat altyd seker gemaak het dat sy nie ’n dag van skool mis nie.

Brandt, wat nou by die Graça Machel-stigting in Durban werk, het as student drie verskillende werke gedoen om vir haar studies te betaal. Sy het boonop enige oorblywende geld aan haar ouma gegee wat ook na haar drie jonger sibbe omsien.

“Die werk by die Graça Machel-stigting is fantasties. Jy leer elke dag vreeslik baie nuwe goed. Soms word jy in die diep kant ingegooi, maar dit is vir my baie lekker,” sê sy.

Sy was die eerste vroulike voorsitter van die Black Lawyers Association Student Chapter aan die UV en het ook die universiteit en Suid-Afrika in haar tweede jaar as deel van die LGBTIH- (lesbiese, gay, biseksuele, transgender, interseksuele en homoseksuele mense) projek in Japan verteenwoordig.

Priscilla Brandt (24) het Woensdag haar LLB-graad ontvang.Foto: Facebook

Die projek is deur prof. Jonathan Jansen, voormalige rektor en visekanselier van die UV, begin.

“Dit was vir my ’n belewenis. Ek was bevoorreg, want hulle het uit 150 studente slegs 100 gekies om in groepe van tien na verskeie lande te gaan.

“Ons almal het gevoel asof ons saak maak en ’n verskil maak.”

Sy het regte studeer om ’n verskil in ander se lewe te maak.

“Ek wil mense wat nes ek uit moeilike omstandighede kom, wys dit is moontlik om ’n ander en beter lewe te lei.”

Brandt is ook onlangs benoem vir die Bill en Melinda Gates-stigting se Goalkeepers Africa-geselligheid waarheen slegs die top-100- jong Afrika-studente onder die ouderdom van 40 jaar genooi word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.