Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Private woonstelle kan koshuisverblyf verskaf

Die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) het ’n beleid goedgekeur vir private woonstelle om as universiteitskoshuise geakkrediteer te word.

Die universiteit het Donderdag in ’n verklaring gesê private woonstelle het tot Vrydag om aansoek te doen om die nodige akkreditasie.

“Die doel van die beleid is om te verseker dat diensverskaffers voldoen aan al die standaarde vir geskikte studenteverblyf,” het Willa de Ruyter, TUT-woordvoerder, gesê.

Die besluit om die goedkeuring van dié beleid te bespoedig is in Februarie geneem.

Hierdie akkreditasie is nodig sodat beursgeld en lenings van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) vir hierdie verblyf gebruik kan word.

Volgens De Ruyter gaan die geboue ondersoek word sodat studente so gou as moontlik kan intrek.

“ ’n Komitee sal saamgestel word om van volgende week af alle aansoeke te bestudeer en die geboue te besoek.”

Sphamandla Qwabe van die sentrale verteenwoordigende studenteraad (VSR) se ondersteuningsdienste vir studente het egter gesê net ’n handjievol studente gaan hierdeur gehelp word en daar is baie meer wat nog uitgelaat gaan wees.

Meer oor:  Tut
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.