Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Prof. Petersen vir 2de termyn aangestel
Prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier van die UV, is vir ’n tweede termyn aangestel. Foto: Verskaf

Prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat (UV), is vir ’n tweede termyn aangestel.

Lacea Loader, woordvoerder van die universiteit, sê die raad het sy heraanstelling, wat strek van 31 Maart 2022 tot 1 April 2027, op ’n virtuele vergadering op 18 Junie eenparig goedgekeur.

Dr. Willem Louw, voorsitter van die raad, sê Petersen se eerste termyn is gekenmerk deur uitsonderlike leierskap en die raad het besondere waardering vir sy werk en prestasies tot op hede.

“Die UV het sedert sy aanstelling op 1 April 2017 en onder sy leierskap op verskeie gebiede uitgeblink.”

Uitmuntendheid, inklusiwiteit, akademiese vryheid, ’n spesifieke fokus en klem op kritiese navraag, sosiale sensitiwiteit, integriteit en menslikheid is van die sleutelkenmerke waarvolgens Petersen werk, sê Louw.

“Reeds vroeg in sy termyn het hy – deur ’n goed gestruktureerde, deurdagte en raadplegende aanslag – die strategiese raamwerk vir die UV vir die tydperk van 2018 tot 2022 verskaf.

“Prof. Petersen het ’n stel sterk fokuspunte voorgestel en aangedui dat hy spesifiek wil fokus op die verbetering van onderrig en leer, navorsing en internasionalisasie, en hy het ook studiebeursportefeuljes van die universiteit betrokke gekry.

“Namens die raad wens ek hom alles van die beste vir die tweede termyn toe en ons sien met groot verwagting uit na wat hy en sy uitvoerende span sal behaal om die UV nasionaal en internasionaal te bevorder.”

Petersen sê hy voel nederig en geëerd oor die vertroue wat die UV in hom stel.

“Dit is ’n voorreg om een van die grootste universiteite van ons land aan te hou lei.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.