Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Protea-speler onttrek ook aan Grey-beheerliggaam

Die voormalige Protea-krieketspeler, wat nou nog vir die Knights speel, Ryan McLaren, het ook uit die beheerliggaam van Grey-kollege in Bloemfontein bedank oor die beheerliggaam se besluit om teen ’n beslissing van die Vrystaatse hooggeregshof te appelleer.

Hy is die derde lid van dié raad wat bedank weens die beheerliggaam se besluit om sy hofgeveg met sy hoërskoolhoof, Deon Scheepers, in die appèlhof in die stad voort te sit.

Ryan McLaren

Die ander twee is Philip Piek, die ondervoorsitter, en dr. Katie Yazbek.

In sy bedankingsbrief skryf McLaren: “Ongelukkig steun ek nie die besluit om te appelleer nie en ek dink nie dit is die beste wyse om die sorgwekkende situasie waarin ons geliefde skool hom bevind op te los nie.”

Hy skryf in die brief aan die voorsitter van die beheerliggaam, Henry Buchner, wat ook aan die ander lede gestuur is, dat hy lank en ernstig daaroor gedink het voordat hy ’n besluit geneem het.

Dit was vir hom ’n eer om in die beheerliggaam te dien. Hy sal steeds met verskeie onvoltooide projekte help.

Hy het die brief Maandagoggend gestuur kort voordat hy vir die Knights in ’n meerdagwedstryd in Kimberley teen die Dolphins opgestap het.

* Die beheerliggaam het op ’n vergadering op 15 Mei besluit om die sogenaamde beheerraadpligte van Scheepers weg te neem, wat hom net met die bestuur van die akademiese sy van die skool gelos het.

Scheepers het hom tot die hooggeregshof gewend, wat verlede maand dié besluit tersyde gestel het. Die beheerliggaam wou daarteen appelleer.

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het hom bereid verklaar om die regskoste van dié aansoek te betaal.

Scheepers en die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) staan die aansoek teen.

Meer oor:  Grey  |  Ryan Mclaren  |  Onttrek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.