Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Protes keer nie matriek-eksamen in Noordwes

Die begin van vanjaar se matriekeindeksamen het vlot verloop, ondanks dreigende diensleweringsbetogings in sommige dele van die land.

Die departement van basiese onderwys het Woensdag gesê die polisie is gereed om spoedig op te tree indien daar ’n gevaar is dat die eksamens ontwrig kan word.

Dit volg nadat matrikulante in Bloemhof, Noordwes, Dinsdag na veiligheid geneem moes word nadat betogings die aanvang van hul eindeksamen ontwrig het.

Volgens ’n verklaring van die departement kon 275 matrikulante van die hoërskole Vaaloewer Combined, Gaopalelwe Senior Secondary School, Thuto Lore en Bloemhof Combined egter Woensdag met hul eksamens in ander lokale voortgaan.

Luidens die verklaring sê Wendy Matsemela, LUR van onderwys in Noordwes, egter daar is geen krisis met die matriekeksamen in die provinsie nie.

Daar was glo ook ander geïsoleerde gevalle waar leerlinge verhinder is om hul eksamen af te lê. Die omstandighede hiervan is nie aan die media bekend gemaak nie.

Die departement sê dit sal ondersoek word.

Meer oor:  Noordwes  |  Matriekeksamen  |  Protes  |  Matrieks  |  Betogers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.