Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Raad bespreek nuwe name vir UP-koshuise

Die proses om die name van universiteitskoshuise van die Universiteit van Pretoria (UP) te verander, word volgende Dinsdag voortgesit en deur die universiteitsraad bespreek.

Koshuise het ’n omvattende voorstel met al die moontlikhede en motiverings aan die hoofbestuur van die universiteit voorgelê en die koshuisadviesraad en koshuishoofde is deurlopend op die hoogte gehou, sê Rikus Delport, woordvoerder van die UP.

Die finale besluit sal eers daarna individueel aan elke koshuis en daarna aan die breër universiteitsgemeenskap bekend gemaak word.

Almal van ons wil ’n inklusiewe ruimte skep waar studente van alle kulture welkom voel.

Die besluit om koshuisname “as deel van die breër transformasieprojek van die UP te hersien om vir ’n meertalige en meer inklusiewe leefomgewing vir studente voorsiening te maak” is reeds in September 2017 geneem, sê Delport.

In Maart 2018 is koshuise se huiskomitees versoek om in hul koshuise afsonderlik te begin praat oor moontlike name en om minstens drie name aan die viserektor, wat vir koshuisaangeleenthede verantwoordelik is, voor te stel.

“Elke koshuis was in beheer van sy eie proses. Die viserektor het die saak met die verteenwoordigende studenteraad (VSR) en die koshuisadviesraad bespreek. Die meeste koshuise het ook met hul alumni oorleg gepleeg,” sê Delport.

Kwena Moloto, president van die UP se studenteraad, het vroeër aan Andrea Küsel gesê die verandering van koshuisname is nie ’n aanval op die Afrikaanse kultuur nie, en dat dit nie ’n poging is om die taal as ’n geheel uit die universiteit en sy kultuur te verwyder nie.

“Almal van ons wil ’n inklusiewe ruimte skep waar studente van alle kulture welkom voel,” het hy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.