Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Raad wil dié studente help met klagtes oor taalbeleid

Die Afrikaanse Taalraad het onlangs ’n meertaligheidsinisiatief begin om Afrikaanse studente en dosente aan tersiêre instellings met taalklagtes te ondersteun.

“Studente se toegang tot Afrikaans en ander inheemse tale in en buite die lesingsale móét eenvoudig verbeter,” sê dr. Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van dié raad.

’n Nuwe benadering is nodig om te verseker dat studente en dosente meertaligheid as ’n hulpbron beskou wat inklusiwiteit en studentesukses bevorder, sê hy.

“Om taalkonflik en Engelse hegemonie in lesingsale te bekamp, moet meertaligheid van onder af gebou word. Dié samewerking vereis ’n deëskalasie van die debat oor Afrikaans eerder as nog hofsake. Die inisiatief volg dus ’n konstruktiewe benadering tot meertaligheid om die beste van universiteite se taalbeleide te probeer maak.

“Die taal moet as ’n hulpbron eerder as ’n reg bemark word. Sonder ’n deëskalasie van die debat oor Afrikaans is dit moeilik om verhoudinge te herstel of ’n gesprek aan die gang te kry.

“Mense wat steeds aandring op die ‘kompromislose’ bevordering van Afrikaans by universiteite doen die taal geen guns nie.”

Die doel met die inisiatief is om instellings met meertalige taalbeleide te help om ’n sukses daarvan te maak.

Die doel met die inisiatief is om instellings met meertalige taalbeleide te help om ’n sukses daarvan te maak, sê Steenkamp.

“Hiermee bedoel ons spesifiek dat die gebruik van die inheemse tale, Afrikaans inkluis, op ’n pragmatiese wyse bevorder word en dat die groeiende hegemonie van Engels teengestaan word. Ons wil ook enkeltalig-Engelse instellings oorreed om die inheemse tale ondanks hul taalbeleid as hulpbronne te gebruik. Op lang termyn wil ons meertaligheid sterker in taalbeleide veranker sien as wat dikwels tans die geval is.”

Die vertrekpunt is dat taalbeleide ongeag hul tekortkominge voorlopig as ’n gegewe aanvaar word en dat ’n mens kreatief met die gepaardgaande beperkings en geleenthede te werk moet gaan, sê hy.

Waar taalplanne in die pad staan moet ’n mens weet hulle is nie in beton gegiet nie, maar aanpasbaar.

“Studente kla dikwels dat taalbeleide en -planne nie na behore ingestel word nie. Waar taalplanne in die pad staan moet ’n mens weet hulle is nie in beton gegiet nie, maar aanpasbaar. Dan moet die instelling insien dat aanpassings nodig is.”

Studente wat op tersiêre vlak met taalkwessies sukkel, kan die Taalraad om hulp nader. Taalkwessies verwys hier na taalverwante probleme wat ’n student mag ervaar:

  • Ongeag die formele taalbeleid van die betrokke instelling;
  • Waar instellings nie aan formele taalbeleid voldoen nie; en
  • Waar wesenlik afgewyk word van die hersiene taalbeleid vir hoër onderwys.

Volgens Steenkamp raai hulle in die algemeen studente aan om:

  • Goed en gedetailleerd dagboek te hou van die taalverwante probleem wat hulle ervaar;
  • Bestaande klagteprosedures te gebruik om hul instelling in te lig dat hulle ’n probleem ervaar en nie te vinnig tou op te gooi nie;
  • Dagboek te hou van enige reaksies wat hulle kry op hul klagte of pogings om die kwessie op te los; en
  • Die Taalraad te nader indien hul probleem ondanks formele klagtes onopgelos bly. In so ’n situasie sal die Taalraad dan met die betrokke instelling in verbinding tree om ’n oplossing te probeer vind.
  • Studente wat bang is om formele klagte in te dien of intimidasie ervaar, kan met die Taalraad in verbinding tree. Studente en dosente met konstruktiewe idees vir meertaligheid kan die Taalraad kontak by atr@afrikaansetaalraad.co.za.

Alle klagtes en idees is vertroulik.

Meer oor:  Studente  |  Klagtes  |  Taalbeleid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.