Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Ras en navorsing op US-simposium onder loep

Die artikel oor bruin vroue se kognitiewe vermoëns wat onlangs opslae gemaak het, was een van die groot besprekingspunte op ’n simposium wat Dinsdag by die Universiteit Stellenbosch (US) gehou is.

Proff. Amanda Gouws, Jonathan Jansen en Usuf Chikte was onder diegene wat aan die gesprekke deelgeneem het. Die gesprekke het in die ouditorium van die US-biblioteek op die Stellenbosch-kampus plaasgevind.

Prof. Jonathan Jansen. Foto: Felix Dlangamandla

“Toe ek aanvanklik van die artikel en die bewerings daarin hoor, wou ek dit nie glo nie,” het prof. Wim de Villiers, die rektor van die US, in ’n verklaring gesê. De Villiers was nie teenwoordig nie omdat hy tans oorsee is vir universiteitsake.

“Toe ek dit later self onder oë kry, het dit my ontstel en diep teleurgestel: Hoe is dit moontlik dat dié werk – wat so onsensitief is en soveel onnodige pyn vir so baie mense veroorsaak het – uit ons universiteit kon kom?

“Wat hier gebeur het, was verkeerd, en ek sal nie die onverdedigbare verdedig nie,” sê De Villiers.

“Dié enkele stuk navorsing weerspieël geensins die gehalte, etiek en waardes van die US se uitmuntende navorsingsprogram nie.”

Op die eerste paneelbespreking het Jansen gesê die navorsing oor bruin vroue is ’n voorbeeld van hoe dele van ’n gemeenskap wat bestudeer word, as verteenwoordigend van ’n hele groep aangebied word.

Amanda Gouws
Amanda Gouws.

“ ’n Groep mense van Cloetesville en Paternoster word nou ’n verteenwoordigend van alle bruin vroue. Ook, die probleem word in die individu gesoek, en nie in die maatskaplike konteks nie,” sê Jansen.

Gouws, ’n dosent in politieke wetenskap aan die US, sê dit is belangrik vir navorsers om hulself in die skoene te plaas van diegene wat hulle bestudeer.

“Ons moet bewus wees van ons eie aannames oor klas, ras en gender, en seker maak dit meng nie in met ons navorsing nie.”

Op die tweede paneelbespreking het Melanie Hendricks, verbonde aan die US se sielkundedepartement, gesê dit is dikwels baie moeilik om bevindings te kritiseer wat die navorsers beweer op ’n objektiewe manier saamgestel is.

“Navorsers rapporteer nie net die feite nie, maar gee dit ook betekenis. Wanneer dit gebeur, voeg die navorser, bewustelik of onbewustelik, hul eie waardes in by die data,” sê sy.

“Die navorser besef dit nie altyd nie, en kan ook nie altyd sien dat sy eie oortuigings sigbaar is in die gevolgtrekkings nie.”

Prof. Nadine Bouwers-Du Toit van die US se departement van geloof- en ontwikkelingstudies het dit bevraagteken of die navorsing oor bruin vroue wat deur die vier vroue gedoen is, ooit wetenskaplik was.

“Hulle is nie vrot appels nie, hulle is verteenwoordigers van ’n breër probleem. Ek sal daarom nie argumenteer dat rasseklassifikasie die probleem is, of die gebruik van sekere terminologie nie.”

Die probleem, sê Bouwers-du Toit, is dat mense volgens rasseklassifikasies dink.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.