Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Rasseherrie oor swart en wit kinders apart in klas
Die foto wat op sosiale media gedeel is wat ’n rasseherrie veroorsaak het. Die kinders se gesigte word verbloem om hul identiteit te beskerm. Foto: Twitter

Prof. Job Mokgoro, premier van Noordwes, sê hy is geskok oor foto’s op sosiale media wat oënskynlik dui op aparte sitplekke vir wit en swart leerlinge in ’n klas van die Laerskool Schweizer-Reneke.

’n Rasseherrie het Woensdag op sosiale media losgebars nadat ’n foto gedeel is wat wys hoe swart en wit leerlinge in aparte dele van ’n klaskamer sit. Die foto is glo van ’n gr. R-klas in die Laerskool Schweizer-Reneke in Noordwes.

’n Sekretaresse van die skool wou nie Woensdag vrae oor die foto beantwoord nie en het gesê vrae moet na die skool se e-posadres gestuur word. Die skool het teen 16:00 nog nie op Netwerk24 se navraag gereageer nie. Die Laerskool Schweizer-Reneke het intussen ook hul blad op Facebook verwyder.

Die departement van onderwys in Noordwes sê in ’n verklaring ’n span senior bestuurders, onder leiding van Sello Jonas Lehari, LUR vir onderwys en sportontwikkeling, sal die skool Donderdag besoek om ’n “intensiewe ondersoek te doen”.

Freddy Sepeng, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, sê die departement kan nie bevestig of die foto eg is nie. Die skooldag was reeds verby toe hulle van die foto bewus word.

“As dit waar is, veroordeel die departement die voorval ten sterkste. Ons sal ondersoek instel,” sê hy.

Meer oor:  Laerskool Schweizer-Reneke  |  Leerders  |  Klaskamer  |  Rassisme  |  Rasseherrie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.