Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Reeds 40 mesaanvalle vanjaar in W-Kaapse skole

Sedert die begin van die jaar is 40 voorvalle van messtekery by skole in die Wes-Kaap aangemeld.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê 23 van hierdie aanvalle het tot ernstige beserings gelei.

“In Januarie en Julie verlede jaar was daar 27 mesaanvalle, waarvan 20 van ’n ernstige aard was,” sê Bronagh Hammond, WKOD-woordvoerder.

Volgens die WKOD was daar wel ’n afname in “ernstige aanrandings” tussen Januarie en Julie 2018 en dieselfde tydperk in 2019 – 48 aanvalle in 2018 en 40 in 2019.

Net verlede week is drie leerlinge op die terrein van hul hoërskole in die Wes-Kaap met skerp voorwerpe gesteek; een leerling by die Cloetesville High School in Stellenbosch en twee by die Indwe Secondary School in Mosselbaai.

Hammond kon nie spesifiseer waar presies al die aanvalle plaasgevind het nie, maar sê wel dat dit in skole in Kaapstad sowel as op die platteland was.

Sy sê die WKOD poog om skole wapenvry te hou deur verskeie veiligheidsmaatreëls in te stel, maar leerlinge vind wel maniere om wapens in skole in te smokkel.

“Dit is jammer dat sommige leerlinge nie die gevolge vir hul toekoms besef nie, net omdat hulle ’n wapen uit woede op ’n medeleerling gebruik.

“Ons skole is plekke waar ons leer en ons vra almal om ons te help om hierdie plaag in ons samelewing hok te slaan, asook om gehalteonderwys vir elke leerling, in elke klaskamer en in elke skool in die provinsie te verseker.

“Ongelukkig is baie van die veiligheidsrisiko’s die gevolg van geweld in die gemeenskap en bendebedrywighede.”

Die WKOD se strategieë:

* Om verhoudings tussen ouers, leerlinge en die breër skoolgemeenskap te bou en die plaaslike gemeenskap by die skool te betrek, wat vakansie- en naskoolse programme insluit.

* Opleiding van onderwysers, ouers en leerlinge om probleem-leerlinge te identifiseer en aan te spreek;

* Om skole toegang te gee tot maatskaplike werkers en opvoedkundige sielkundiges om psigososiale ondersteuning te bied.

* ’n Verantwoordelike skoolbestuur.

* Om aan die leerlinge ’n stem te gee in die toepaslike strukture in die skool, aangesien hulle deel van die oplossing moet wees.

* Die skep van deursigtigheid en vertroue tussen leerlinge, die personeel, en die gemeenskap.

* Die opbou van ’n menseregtekultuur in skole om almal welkom te laat voel.

Hammond sê elke skool is egter deel van die gemeenskap en word onvermydelik geraak deur uitdagings wat die gemeenskap ook raak, insluitende bendes en dwelms.

“Ouers en gemeenskappe speel ’n sleutelrol om ’n veilige skoolomgewing en positiewe gedrag te verseker.”

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Misdaad  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.