Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Noordwes: ‘Registreer nou al jou kind vir volgende jaar’

Noordwes se onderwysdepartement het pas begin met ’n uitgebreide veldtog om ouers en voogde aan te moedig om hul kinders nou al vir die 2020- akademiese jaar by skole te registreer.

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in die provinsie, het Woensdag in ’n mediaverklaring gesê vroegtydige registrasie van leerlinge is noodsaaklik om onder meer seker te maak voldoende leermateriaal soos handboeke is by skole beskikbaar. “Dit help ook om lang toue aan die begin van die akademiese jaar te voorkom en stel skole in staat om op die eerste skooldag reeds met onderrig te begin. Dit voorkom voorts oorlading by sekere skole.”

Die registrasieveldtog is reeds in volle gang en duur tot 30 September.

Kinders in Noordwes mag by enige openbare skool ’n gemaklike afstand van hul huis registreer, mits daar nog plekke beskikbaar is. Kinders wat nader aan die betrokke skool woon, geniet voorkeur.

Die volgende kinders moet registreer: diegene wat vir die eerste keer skool toe gaan, leerlinge wat van skool verander en leerlinge wat hoërskool toe gaan.

Alle skole se toelatingsbeleide moet ooreenstem met Noordwes se departementele beleide om te verseker dat daar sonder diskriminasie omgesien word na kinders se opvoedkundige behoeftes, sê Elias Malindi, woordvoerder van Noordwes se onderwysdepartement.

Wanneer ouers of voogde kinders neem om te registreer, moet hulle die volgende dokumente saamneem:

¦ ’n Gesertifiseerde geboortesertifikaat.

¦ Immuniseringskaart.

¦ Laaste skoolrapport.

¦ Oorplasingsbrief of -kaart van vorige skool.

¦ Leerlinge se studiepermit, of ’n werkpermit van ouers, indien die leerling se ouers nie Suid-Afrikaanse burgers is nie.

¦ Bewys van woonadres.

Meer oor:  Registrasie  |  Noordwes  |  Onderwysdepartement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.