Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Regsoptrede teen skool oor Moslem-drag verbied word

Regsaksie teen die Jeppe High School for Girls in Johannesburg oor ’n omstrede beleid wat Moslem-leerlinge verbied om ’n hijab by hul skooldrag te dra, is vir eers op die ys.

Intussen is ’n vergadering tussen die Gautengse departement van onderwys en die skoolbeheerliggaam geskeduleer.

Prokureurs wat die meisies verteenwoordig, het egter gewaarsku dat regsaksie nie buite die kwessie is as ’n vriendskaplike oplossing nie bereik kan word nie.

Dit volg nadat sewe Moslem-leerlinge by die skool beweer dat die skool se gedragskode teen hulle diskrimineer.

Terwyl Moslem-leerlinge toegelaat word om ’n hijab skool toe te dra, verskil hul skooldrag van dié wat deur ander leerlinge gedra word.

Foto ter illustrasie: Zakiyah Ebrahim.

Moslem-meisies mag ’n swart kopdoek en bedekking dra, maar dit wys nie dat hulle die skool verteenwoordig nie en hul prestasies word ook nie vertoon soos op hul baadjies nie.

Die meisies wil byvoorbeeld hul skooluniforms saam met ’n kopdoek en swart broeke dra, of ’n ander kombinasie van die uniform wat sal toon dat hulle die skool verteenwoordig, terwyl hulle ’n hijab dra.

Die skool het dissiplinêre optrede teen die meisies ingestel toe hulle hul eie weergawe van die skooluniform sonder toestemming gedra het.

Die dissiplinêre verhore, wat vir verlede Saterdag geskeduleer was, is egter op ys geplaas nadat die departement ingegryp het.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het gesê die departement het ’n ondersoek begin.

Hy het gesê die dissiplinêre verhore is uitgestel in afwagting op ’n vergadering tussen die departement en die beheerliggaam van die skool ná die skoolvakansie.

“Ons moet ook beklemtoon dat die beheerliggaam en ouergemeenskap in beginsel ooreengekom het om die gedragskode te verander sodat dit nie in stryd is met die Grondwet nie,” het hy gesê.

’n Prokureur wat die meisies verteenwoordig, het gesê dit is nie die einde van die saak nie.

Sy het gesê die regstappe is nog op die tafel as die skool voortgaan met die verhore sonder om die “ongrondwetlike” bepalings in die gedragskode aan te pak. - News24

Meer oor:  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.