Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Rooiplein op UV-kampus kry splinternuwe baadjie

Die herontwerp van die Rooiplein op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) vorm deel van ’n groter visie om die gebied voor die hoofgebou, waar die MT Steyn-standbeeld staan, te omskep, sê die UV.

“Die uitvoering van die groter plan berus op die uitkoms van die UV se appèl teen die besluit van die Vrystaatse Erfenishulp-owerheid om die standbeeld op die kampus te hou.”

Die UV sê verder ’n tribunaal wat deur Limakatso Mhase, Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, aangewys is, sal die appèl aanhoor en later uitspraak lewer.

Die herontwerp het ten doel om die Rooiplein as hoofsaaklik gemeenskaplike gebied vir studente en personeel beskikbaar te stel.

Volgens die UV sal die gebied van die hoofgebou af tot by die H. van der Merwe Scholtz-saal vir dié rede nie in die toekoms vir geleenthede soos die Vrystaat Kunstefees se kunstemark gebruik word nie.

Die MT Steyn-standbeeld op die UV-kampus.

Ander gebiede nader aan die Odeion Skool vir Musiek, die eksamenlokale en die deel rondom die Callie Human-sentrum is vir markdoeleindes aan die Vrystaat Kunstefees beskikbaar gestel.

Die gedeelte van die H. van der Merwe Scholtz-saal af tot by die Eufees-kompleks sal steeds vir die aanbieding van die Literatuurfees gebruik word.

Die universiteitsbestuur het by navraag gesê hulle is oortuig dat feesgangers die veranderinge positief sal vind.

“Die verskuiwing van die kunstemark-stalletjies sal uitstallers en besoekers geleentheid gee om self ook die Rooiplein se nuwe sosiale ruimte as bymekaarkomplek te gebruik.”

Die herontwerp van die Rooiplein is deel van die gryswaterinisiatief wat in 2018 in werking gestel is.

Die inisiatief is ingestel in reaksie op klimaatsverandering en die voortslepende droogtetoestande wat in die Vrystaat geheers het.

Nuwe sosiale ruimtes met ’n omgewingsvriendelike aanslag en moderne stedelike landskaptegnieke is van die veranderinge wat aangebring is.

Bankies, wandellane en inheemse plante en bome met laer instandhoudingsvereistes is nou op dié deel van die kampus te sien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.