Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Sadou sê hy weet nie van Cosas se wegblyplan uit skole

Die Congress of South African Students (Cosas) wil miljoene leerlinge volgende Vrydag uit die skole hou, maar hul bondgenoot, die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) dra nog geen kennis daarvan nie. Die verwarrende reaksie het ná ’n brief wat Cosas aan Sadou gerig het die ronde begin doen het.

John Macheke, voorsitter van Cosas het aan Netwerk24 gesê hulle het al 4,5 miljoen leerlinge oor die land heen opgekommandeer om op dié dag weg te bly uit hul skole en universiteite.

Die kinders staan saam teen kwessies soos duur data, veiligheid in skole en swak skoolinfrastruktuur. Hulle versoek verder dat #FeesMustFall-aktiviste vrygelaat word en Afrika-tale in kurrikulums ingesluit word.

Sadou het Vrydagmiddag gesê hy is nog besig om die brief te verifieer aangesien briewe van Cosas gewoonlik deur die sekretaris-generaal uitgereik word en nie deur die president, soos in dié geval nie.

“Ons kan ook nie deur die nuusmedia daarvan te hore kom nie. Die gewone prosedure is nie gevolg nie,” het Nomusa Cembi, woordvoerder van Sadou, gesê.

Elijah Mhlanga, segsman vir die nasionale departement van basiese onderwys, het gesê Macheke het bevestig dat geen brief nog aan die departement gestuur is nie.

“Voordat ons nie amptelike inligting ontvang het nie, kan ons nie op navrae reageer nie, want ons is nog nie deur middel van die normale prosedure daarvan in kennis gestel nie.”

Meer oor:  Sadou  |  Cosas  |  Onderwys  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.