Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
SAOU: Juffrou wat kind klap ‘onder geweldige druk’

Clarissa Venter, die onderwyseres van Kaapstad wat ’n leerling in haar klas geklap het, “is onder geweldige emosionele druk,” sê Chris Klopper van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU).

Venter, ’n Afrikaansonderwyser by die Sans Souci Girls’ High School in Nuweland, is twee weke gelede geskors nadat ’n video van die voorval op sosiale media versprei is.

Venter se tugverhoor begin Donderdag om 10:00. Klopper sê hulle het gevra dat dit uitgestel word hangende ’n sielkundige verslag oor haar. “Haar afspraak met die sielkundige is Vrydag.” Die SAOU wil dié verslag by die tugverhoor indien.

Volgens Klopper het hulle nog niks van die skool se beheerliggaam gehoor nie.

“Die polisie was ook nog nie in kontak met ons lid nie, maar ons het ’n prokureur aangestel wat haar sal verteenwoordig as sy hof toe moet gaan.”

Venter en die leerling het albei klagte van aanranding teen mekaar by die Claremont-polisiekantoor ingedien.

Meer oor:  Saou  |  Chris Klopper  |  Clarissa Venter  |  Onderwyser  |  Klapvoorval  |  Leerling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.