Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
SAOU soek antwoorde oor salaris-gerugte
Chris KlopperFoto: Argief

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het met ontsteltenis verneem van berigte dat die enigste manier hoe die staat sy begroting kan laat klop, glo is om staatsamptenare se salaris met 10% te verminder.

So sê Chris Klopper, die SAOU se uitvoerende hoof, in ’n verklaring.

Hy sê by navraag al die vakbonde in die land het die gerugte gehoor, en daar is na bewering inligting hieroor deur die nasionale tesourie versprei.

City Press het onlangs berig dat die land se fiskus in ’n krisis is en dat die staat R120 miljard kort wat hy moontlik kan kry deur staatsamptenare se salaris met 10% te verminder. Dit is ook vererger deur Eskom se skuld wat gedelg moet word.

Klopper sê die SAOU sal so ’n afwaartse aanpassing onder geen omstandighede aanvaar nie. “As deel van ons pro-aktiewe optrede is daar reeds met lede van Fedusa gepraat met die oog daarop om gepaste kollektiewe aksies te oorweeg.

  • As eerste stap word ’n mediaverklaring deur die SAOU en ander Fedusa-vakbonde beoog waarin die volgende duidelik oorgedra sal word:
  • Dit is absoluut onaanvaarbaar om van dié ontstellende gerugte in die media te verneem. ’n Bona fide-werkgewer sal nie so ’n benadering volg nie en pro-aktief met vakbonde konsulteer;
  • Dit is in geheel onaanvaarbaar dat die mislukte Eskom, SAL, SAUK en ander staatsondernemings gefinansier moet word deur staatsamptenare se salaris te verminder; en
  • Die ooreenkoms van die staatsdiensbedingingsraad, PSCBC (waarin al vier sektore van die staat verteenwordig word), wat die huidige driejaartermyn se salarisaanpassing bepaal, loop eers in Maart 2021 ten einde. Daar is hoegenaamd geen kans dat die SAOU dié ooreenkoms sal heronderhandel nie. Daar sal aangedring word om te hou by die salarisaanpassings soos vir 2020-’21 voorsien word, naamlik:
  • salarisvlakke 1 tot 7: geprojekteerde verbruikersprys-indeks (VPI), met ander woorde die inflasiekoers, plus 1%;
  • salarisvlakke 8 tot 10: geprojekteerde VPI plus 0,5%, en
  • salarisvlakke 11 en 12: geprojekteerde VPI.

Klopper sê daar gaan ook aangedring word op ’n dringende vergadering met die sentrale werkgewer, die departement van staatsdiens en administrasie, in die PSCBC.

’n Amptelike standpunt oor die gerugte sal geëis word.

Enige poging van die staat as werkgewer om nie sy verpligtinge ingevolge die salarisooreenkoms na te kom nie, sal by wyse van ’n gepaste remedie gepak word.

’n Integrale deel van die strategie sal wees om Cosatu van sterk optrede te oortuig, aangesien dit van kardinale belang is dat Fedusa en Cosatu saamwerk om die aanslag af te weer.

Volgens Klopper sal die SAOU sy lede op die hoogte hou van verwikkelinge in dié verband.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.