Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Seks-onnie: Ondersoek by Bishops begin

’n Ondersoek na die bewerings van ernstige wangedrag teen ’n onderwyseres van Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad, het Vrydag begin.

Die skoolhoof, Guy Pearson, is eerste ondervra deur die ondersoekspan wat bestaan uit ’n prokureur en ’n senior advokaat, berig die Weekend Argus.

Die ondersoek volg ná bewerings dat Fiona Viotti, ’n 30-jarige onderwyseres, ’n seksuele verhouding gehad het met ’n 18-jarige matriekseun.

Die seun wou glo die verhouding beëindig, maar Viotti het glo geweier. Sy het intussen bedank.

Die skool se ondersoek word gelei deur die prokureur Greame Dorrington en Francois van Zyl, ’n senior advokaat.

Die seuns wat betrokke was en personeellede sal na verwagting nog ondervra word.

Dave Mallett, Viotti se pa en ook ’n onderwyser en afrigter by die skool, en Pearson het ook Vrydag ’n vergadering by die koshuis Founders House gehou om sy (Mallett) se brief aan die ouers op te klaar, het die koerant berig.

Netwerk24 het vroeër berig Mallett, koshuishoof van Founders House, het mense in die brief bedank vir die ondersteuningsboodskappe wat ontvang is ná die “verwoestende voorvalle”.

Hy het ook met die seuns gepraat en gesê hulle moet “soos gewoonlik aangaan”.

Op die vergadering het Mallett gesê hy verskoon nie sy dogter se optrede nie.

Volgens die koerant, wat ’n anonieme bron aanhaal, het die skool vasgestel dat nog drie seuns moontlik betrokke is by die vroegste beweerde voorval wat in 2015 plaasgevind het.

Die bron het gerugte op sosiale media dat tot soveel as 40 seuns geraak is, as “absolute onsin” beskryf.

Pearson wou nie op die jongste inligting kommentaar lewer voordat die ondersoek afgehandel is nie en sê die skool wil regverdig wees teenoor al die partye.

Viotti het William Booth, bekende Kaapse prokureur, aangestel.

Volgens hom is sy “gestres” deur die situasie en kry sy ondersteuning van haar familie.

Netwerk24 het vroeër berig Booth sê dat hy namens Viotti die skool gekontak het om te sê sy sal haar volle samewerking gee met die skool se ondersoek.

Geen strafregtelike saak is teen Viotti ingedien nie en die laaste keer dat sy by die skool was, is toe sy bedank het, sê Booth.

Sy het glo sowat ses jaar by die skool gewerk en het onder meer waterpolo afgerig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.