Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
SEKSSKANDAAL: Juffrou Fiona se bande met Diana se familie
Van links: Pavo Viotti, Fiona Mallett (Viotti), Greg Mallett en Amelia Spencer in Maart 2014. Foto: Facebook/Amelia Spencer

Fiona Viotti (30), die Kaapse onderwyseres wat bedank het nadat haar beweerde sek­suele verhouding met ’n 18-jarige matriekleerling aan die Bishops Diocesan College in Rondebosch aan die lig gekom het, het glo bande met lady Amelia Spencer.

Daardeur het sy dus ook bande met Diana, in lewe­ die prinses van Wallis.

MailOnline het Vrydag berig dat Viotti se broer, Greg Mallett, nou al glo nege jaar lank in ’n verhouding is met Spencer, dogter van graaf Charles Spencer, Diana se broer.

Volgens MailOnline het Amelia Greg ontmoet terwyl sy aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer het. Sy en haar tweelingsuster, lady Eliza Spencer, het in Kaapstad grootgeword.

Greg word glo as ’n lid van die familie beskou, hoewel hulle nie getroud is nie.

Greg Mallett en Amelia Spencer. Foto: Facebook/Amelia Spencer

Amelia, dus prinse William en Harry se niggie, het in 2011, toe sy 18 jaar oud was, in die landdroshof in Kaapstad verskyn op ’n aanklag van aanranding ná ’n beweerde voorval in ’n kitskosre­staurant in Groenpunt.

Sy en Ricci Cinti (27), oudpres. FW de Klerk se buurman in die Kaapse spogbuurt Fresnaye, het mekaar op 29 Desember glo in die McDonald’s-re­staurant te lyf gegaan nadat Cinti na bewering voor Amelia ingedruk het in die tou by die diensvenster vir motors.

Amelia het haar glo vererg en Cinti, wat in ’n taxi gery het, gevloek en geskel toe die taxi voor haar ingedruk het.

Na berig word, het Amelia uit haar motor geklim en teen die bakwerk van die taxi geslaan voordat sy Cinti glo sleggesê het.

Cinti, wat met krukke geloop het weens ’n sportbesering, het geval en sy kop teen die grond gekap waarna hy ’n ruk lank bewusteloos was.

Hy is ná die voorval in ’n plaaslike hospitaal opgeneem waar hy ’n breinskandering ondergaan het.

’n Vriend van Amelia wat saam met haar in haar motor was ten tyde van die voorval, het glo ook uitgeklim en in die onderonsie betrokke geraak.

Amelia en haar vriend het later in hul motor geklim en weggery, maar nie voordat omstanders die registrasienommer van haar motor afgeneem het nie.

Amelia is op 7 Januarie in hegtenis geneem en van aanranding aangekla. Sy is op waarskuwing vrygelaat.

Cinti het aan die Britse koerant The Sun gesê Amelia het dronk gelyk “en was heeltemal buite beheer”.

Sy is wel later, volgens Express, van alle blaam in die voorval onthef. Dié koerant het ’n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag aangehaal.

  • Suid-Afrikaners het Sondag meer as 50 000 soeknavrae op Google na “Fiona Viotti” gedoen en Maandag ’n bykomende 50 000 soektogte na “Bishops­ teacher”. Donderdag is 20 000 soeknavrae gedoen met die trefwoorde “Fiona Viotti videos”, lui ’n verklaring van Google. Fiona het vandeesweek gesamentlik meer as 170 000 Google-soektogte gegenereer.
  • Teen Donderdag is eksplisiete foto’s en video’s van Fiona op sosiale media versprei en op ’n gewilde pornografiese webwerf gelaai. Dit is blykbaar Vrydag verwyder.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.