Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Selfs 10-jarige boelies kan vervolg word

Boelies so jonk soos tien jaar oud kan vir dié gedrag aangekla en vervolg word.

Ná die dood van ’n 13-jarige meisie van Pretoria-Noord wat haar eie lewe geneem het nadat sy glo in ’n WhatsApp-groepie geboelie is, het Jacaranda FM se Breakfast with Martin Bester Donderdagoggend met Megan Harrington Johnson, ’n kinder- en gesinsprokureur en direkteur van die Safe School Programme, gesels.

’n Suggestiewe video wat op sosiale media versprei is, is glo die rede waarom ’n gr. 6-leerling van die Doornpoort Primary School in Pretoria Maandag haar eie lewe geneem het.

Die voorkoms van boeliegedrag op sosiale media het oor die laaste paar jaar baie toegeneem.

“Ons dink die verspreiding en beskikbaarheid van slimfoon-toestelle onder jong kinders is die rede hiervoor,” sê Johnson.

“Daar is anonimiteit agter ’n skerm. Dit is makliker om aaklig met iemand te wees wanneer jy as ’n toetsbordkryger optree.”

Ouers en kinders kan aan die ander kant self ’n hofbevel ingevolge die Wet op die Beskerming teen Teistering teen boelies kry.

Kinders van so jonk soos tien jaar oud neem seksuele foto’s van mekaar of van hulself (sexting of sex texting) en dan word dit aan ’n derde party gestuur, wat dit gevolglik versprei.

“Kinders besef nie dat daardie een foto wat hulle neem, blywend is nie. Skermgrepe word van die foto geneem en dit word wyd versprei,” sê sy.

Johnson sê ouers is nie daarvan bewus dat hul kinders betrokke is by seksboodskappe nie. Ouers moet weet wat die wagwoord van hul kinders se fone is, sê sy.

Volgens haar moet kinders jonger as 13 ’n foon hê wat slegs oproepe kan maak en ontvang met geen toegang tot sosiale media nie.

Johnson beveel ook aan dat indien ’n kind deur ’n ander kind seergemaak word, hy of sy nie moet terugbaklei nie.

“Ouers en kinders moet besef betrokkenheid by enige fisieke onderonsie kan tot strafregtelike klagte teen die kind lei,” sê Johnson.

“Kinders kan van tien jaar oud af strafregtelik aanspreeklik gehou word. Om in ’n fisieke bakleiery betrokke te raak is aanranding.”

Ouers en kinders kan aan die ander kant self ’n hofbevel ingevolge die Wet op die Beskerming teen Teistering teen boelies kry.

Wenke vir ouers

Dr. Barbara Louw, berader en traumakenner, sê ouers moet na hul kinders luister en glo wat hulle sê.

Ouers moet ook hul kinders leer om rekord te hou van die besonderhede wanneer iets gebeur. As iets gebeur, moet hulle dan die vrymoedigheid hê om met hul ouers daaroor te kan praat.

Louw stel ook voor dat ouers kinders se selfoongebruik monitor. Sodra ouers uitvind hul kind is die slagoffer van ’n geboelie, moet die ouers eers kyk of die kind dit self kan hanteer. Indien nie, kan die ouer dit by die skool aanmeld. Tog kan die skool bitter min daaraan doen, sê sy.

Louw sê egter in dié geval verander die boeliegedrag teenoor die slagoffer. Die slagoffer word dan eerder uitgesluit of geïgnoreer en as’t ware verwerp.

Indien ouers besef hul kind is die boelie, moet hulle ’n terapeut of berader kry om die gesin te help.

“ ’n Boelie is iemand wat om hulp uitroep en nie weet hoe om sy eie onsekerhede te hanteer nie,” sê Louw.

“Dit is nie ’n skande om ’n behoefte aan hulp te hê of dit te kry nie.”

Die verskil tussen ’n gespot en ’n geboelie is die intensiteit en doel daarvan, sê Louw.

Om iemand te spot, kan ’n grappie wees, maar ’n geboelie is aanhoudend.

“Kinders is nie emosioneel opgewasse om dit te hanteer nie,” sê Louw.

Meer oor:  Vervolging  |  Boelies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.