Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Ses onderskeidings, maar student ly honger
Gift Elliott en Danny Chola (agter) en Memory Chimuka (voor) is almal van Zambië en gaan uit die trust voordeel trek. Foto: Verskaf

’n Student aan die Nelson Mandela-Universiteit wat daagliks drie liter water gedrink het om die hongerpyne te stil, is een van vele stories wat Ilse Terblanche van Lorraine in Port Elizabeth aangespoor het om minder bevoorregte swart studente te help om hul studies te voltooi.

Dié student – wat anoniem wil bly – kon ondanks ses onderskeidings verlede jaar nie ’n studielening van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) kry nie.

“Die visie het ontstaan nadat ek en my man, Otto, bewus geraak het van die geweldige nood onder mense van Afrika-lande wat in die middestad van Port Elizabeth woon.

“Ons het begin om van die gesinne te besoek en bewus geraak van die armoede waaronder só baie van hulle gebuk gaan,” vertel Terblanche.

Terblanche het ’n trust, Kusaidiana, gestig as ’n openbare bystandorganisasie waardeur sakeondernemings en individue bydraes vir behoeftige jong swart mense van Afrika kan maak. Kusaidiana is ’n Swahili-uitdrukking wat beteken “om mekaar te ondersteun”.

Sy voeg by dat die jong mense in die middestad van Port Elizabeth graag vaardighede wil bekom, sodat hulle in die behoeftes van hul gesinne kan voorsien en verder ook tot die ekonomie van die Oos-Kaap kan bydra.

Die doel van die trust is om swart studente van Afrika en Suid-Afrika te bevoordeel deur die daarstelling van geleenthede vir vaardigheidsontwikkeling en/of verdere opvoedkundige kwalifikasies ná matriek, met die klem op ambagsvaardighede en opleiding in dissiplines wat in aanvraag is.

Die ander oogmerke is om beroepsvoorligting en mentorskap te voorsien en om sakeondernemings en individue te nader om skenkings te kry om studente te borg, aldus Terblanche.

“Die trustees se huidige projekte sluit dus die swart jong mense van die middestad in die sentrale deel van Port Elizabeth in. Hierdie jong mense kom van lande soos Zimbabwe en Zambië, en soos reeds genoem, kry hulle geweldig swaar omdat hulle nie altyd toegang het tot dieselfde geleenthede as ander Suid-Afrikaners nie.

Die doel van die trust is om swa.rt studente van Afrika en Suid-Afrika te bevoordeel .

“Die leerlinge van die Solomon Mahlangu High School in KwaNobuhle in Uitenhage is ook een van ons huidige projekte. Enigeen wat in die Nelson Mandelabaai-metro woon, kan egter aansoek doen.”

Die trustees is Terblanche, prof. Jean Greyling, Erna Wasowicz en Mncedi Mtengwana.

“As eerstejaar-lektor in rekenaarwetenskappe by die Nelson Mandela-Universiteit word ek al hoe meer bewus van die finansiële uitdagings wat studente ervaar.

“Dit breek my hart elke keer wanneer ek hoor van ’n eerstejaar wat tot drie jaar ná matriek by die huis moes sit weens ’n gebrek aan geld. Die aanleer van vaardighede vir soveel as moontlik jong mense is deurslaggewend vir die toekoms van die land. Daarom is dit vir my ’n voorreg om deel van hierdie trust te wees,” sê Greyling.

Die trustees kan gebel word by 083 554 4183 (Greyling), 082 962 3309 (Terblanche) en 082 690 0645 (Mtengwana).

Hulle kan ook bereik word op die trust se webtuiste, www.kusaidianatrust.com, die Facebook-blad en per e-pos by kusaidianatrust@gmail.com.

Meer oor:  Nelson Mandela-Universiteit  |  Pe  |  Trust
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.