Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Sesjarige in hospitaal ná leerkrag hom aanrand

’n Sesjarige seun van die Oos-Kaap is glo só erg deur ’n onderwyser aangerand dat hy in ’n hospitaal opgeneem is.

Die voorval het glo op 13 Junie by die Island View-plaasskool op die Grootvlei-plaas in die Alexandria-distrik gebeur.

Luidens ’n verklaring van Edmund van Vuuren, DA-woordvoerder oor onderwys in die Oos-Kaap, is ’n aanrandingsaak geopen en die seun is in ’n hospitaal in Port Alfred opgeneem.

Steke aan die sesjarige leerlinge se opgeswelde oogbank, nadat hy glo deur ’n onderwyser by die Island View-plaasskool in die Alexandria-distrik aangerand is. Foto: Verskaf

Dit is onduidelik wat tot beweerde voorval gelei het en die seun is glo daardie selfde dag weer by die hospitaal ontslaan.

“Ek het mnr. Nicky de Bruin, distriksdirekteur, gekontak om die rampspoedige voorval onder die aandag van die departement te bring. Ek was aangesê die saak ontvang wel dringende aandag en word ondersoek,” sê Van Vuuren.

Mali Mtima, woordvoerder van die onderwysdepartement, het Woensdag gesê ’n taakspan is saamgestel en die beweerde voorval word ondersoek.

Die betrokke onderwyser is nie tans geskors nie.

Mtima sê die ondersoek het kort voor die skoolvakansie begin. “Eers wanneer die skole weer heropen, sal ons vasstel hoe die ondersoek vorder en daarvolgens ons volgende besluit neem.”

Intussen sê Van Vuuren die ANC-regering het die vertroue van ouers verbreek. “Ouers vertrou hul kinders is veilig wanneer hulle skool toe gaan.”

Hy sê die jongste reaksie wat hy op ’n vraag van Mandla Makaphula, Oos-Kaapse LUR vir onderwys, ontvang het, dui aan dat altesaam 18 sake is van 2015 tot vanjaar aangemeld waar onderwysers van fisieke en seksuele misbruik van leerders by die departement aangekla is.

Meer as 60% van dié voorvalle het by laerskole plaasgevind.

Luidens Makaphula se antwoord is daar uit die 18 sake agt onderwysers skuldig bevind, waarvan twee van dié onderwysers vir aanranding en lyfstraf afgedank is.

In die oorblywende tien sake het vier onderwysers bedank en ses sake duur steeds voort.

Van Vuuren het ’n beroep op die LUR gedoen om streng nagevolge af te dwing op onderwysers wat aan enige vorm van aanranding van leerlinge skuldig bevind word.

“ ’n DA-regering sal as een van sy die prioriteite verseker dat kinders en ouers tydens skoolure gemoedsrus het en leerlinge in ’n veilig en bevorderlike omgewing vir leer is.”

Meer oor:  Island View-Plaasskool  |  Oos-Kaap  |  Alexandria-Distrik  |  Onderwyser  |  Kind  |  Aanranding  |  Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.