Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skerp reaksie oor onderrig in Engels aan UP

AfriForum het Vrydag die Universiteit van Pretoria (UP) berispe oor sy nuwe taalbeleid en gesê samehorigheid word juis bevorder wanneer die menswaardigheid van moedertaalsprekers van meer as een taal erken en uitgevoer word.

Rikus Delport, woordvoerder van UP, het vroeër aan Netwerk24 gesê dat die verandering na Engels as die enigste taal van onderrig daarop gemik is om sosiale samehorigheid te bewerkstellig

“Nóg AfriForum, nóg AfriForum Jeug het al ooit gevra dat Afrikaans die enigste onderrigtaal by die UP moet wees – inteendeel, ons het opsies van drie tale voorgestel, wat Engels insluit,” het Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir taalaangeleenthede, gesê.

Die uitfasering van Afrikaans as een van die mediums van onderrig aan die Universiteit van Pretoria laat dit lyk of die ANC-regering Afrikaans haat. Hou Afrikaans en bevorder nasionale eenheid.

“Die tale self word op so ’n wyse uitgebou.

“In ’n onlangse uitspraak het die Italiaanse grondwethof bevind dat universiteite die morele plig het om hul onderskeie lande se onvervangbare kultuurbates – naamlik inheemse tale – te beskerm, te bewaar en uit te bou deur dit as primêre mediums van onderrig te gebruik. Die UP verwys na geen plan om in die toekoms enige ander taal tot gelyke status as Engels te bevorder nie – dus is daar geen verbintenis tot moedertaalonderrig nie.”

Tito Mboweni, minister van finansies, steun ook nie die universiteit se besluit vanjaar om die gebruik van Afrikaans as taal van onderrig uit te faseer nie. Mboweni het op Twitter geskryf dat mense in die land oor 30 jaar spyt gaan wees en dat hulself in die voet skiet.

Die ANC het Vrydag egter in ’n verklaring die UP se besluit verwelkom om voortaan net Engels te gebruik.

“Die ANC glo dat die universiteit in die regte rigting beweeg en dat daar met pogings van transformasie voortgegaan moet word in belang van alle studente en die gemeenskap.”

Volgens die ANC het Afrikaans sedert September 1932 ’n oorheersende rol by die UP gespeel.

“Afrikaans was tot en met 1993 die enigste taal van onderrig toe Engels die eerste keer ingebring is. Die meeste studente aan die universiteit verkies Engels as hul medium van onderrig,” sê die party.

Dr. Kenneth Meshoe, president van die ACDP, stem saam met Mboweni se siening.

Die ANC glo dat die universiteit in die regte rigting beweeg en dat daar met pogings van transformasie voortgegaan moet word in belang van alle studente en die gemeenskap.

“Ek ondersteun Tito Mboweni ten volle,” het Meshoe Vrydag op Twitter gesê.

“Die uitfasering van Afrikaans as een van die mediums van onderrig aan die Universiteit van Pretoria laat dit lyk of die ANC-regering Afrikaans haat. Hou Afrikaans en bevorder nasionale eenheid.”

By navraag oor dié Twitter-plasing van Meshoe het die adjunk-president van die ACDP, Wayne Thring, verduidelik dat dit wetenskaplik bewys is dat kinders later in hul lewe beter presteer as hulle hul eerste onderrig in hul moedertaal ontvang.

“Hierdie inligting is nie iets wat ons uit ons duim suig nie, maar is wetenskaplik bewys. Moedertaalonderrig is uiters belangrik vir die gesonde ontwikkeling van die intellek. Die ACDP glo daarom daarin dat ruimte geskep moet word vir meer tale in die formele universiteitsomgewing,” sê Thring.

Volgens Bailey wys die UP graag daarop hoe die aantal Afrikaanse moedertaalsprekers aan die UP afgeneem het. “Tukkies moet vir ’n slag sê hoeveel studente se moedertaal Engels is, wat dus die enigste groepie bevoordeelde studente aan die instelling is, teenoor die sprekers van ander moedertale wat nou in hul tweede, derde of selfs vierde spreektaal onderrig word,” sê Bailey.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.