Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skokvideo's 'toonbeeld van onderwys-stelsel'

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het die sluiting van ’n kleuterskool in Oberholzer, naby Carletonville aan die Wes-Rand, verwelkom nadat ’n werker daar na bewering drie kinders mishandel het.

Nandi Mayathula-Khoza, die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, het verlede week aangekondig haar departement sluit die Ninnies Neuron's-kleuterskool summier nadat video's van die beweerde mishandeling op sosiale media versprei is.

Fedsas het in ’n verklaring ook die polisie se optrede verwelkom.

Die vrou in die video's, Neli Senwamadi (40), het reeds verlede Maandag in die plaaslike landdroshof op ’n voorlopige aanklag van aanranding van ’n minderjarige verskyn.

Sy is op borgtog vrygelaat en moet weer op 7 Mei in die hof verskyn. Daar kan moontlik nog klagte teen haar bygevoeg word.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, het in 'n verklaring gesê die voorval verteenwoordig alles wat met die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel verkeerd is.

“ ’n Baie groot gedeelte van die onderwysstelsel berus op vertroue. Of dit nou ’n kleuterskool of ’n openbare skool is, ouers het geen ander keuse nie as om diegene te vertrou in wie se sorg hul kinders vir ’n groot gedeelte van die dag gelaat word,” sê Colditz.

Hy sê Fedsas se siening is dat daar geen swak skakel in die onderwysketting kan wees nie.

“Suid-Afrika het ’n ernstige probleem met geweld en kinders wat geweld aan die hand van gesagsfigure ervaar, sal altyd sukkel om ander persone in so ’n posisie te vertrou. Dit lei uiteindelik tot dissiplinêre probleme wanneer formele onderrig begin,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.