Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skole dalk laaste wat weer open

Die kans is goed dat skole van die laaste instellings sal wees wat ná die inperking heropen, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Woensdag in ’n telekonferensie vir rolspelers in die onderwys gesê.

Onder die talle opsies wat die departement bekyk, is dat skole eers op 7 Julie heropen en dat vakansies vir die res van die jaar geskrap word. Die departement oorweeg ook of skole vir alle leerlinge tegelyk heropen moet word, het ’n woordvoerder van die departement vir News24 gesê.

Die 7 Julie-opsie word genoem in ’n dokument getiteld “Draft framework for curriculum recovery post Covid-19”, wat die afgelope week – voor die verlenging van die inperking – tussen ouers en belangegroepe rondgestuur is. Maar 21 April word in dieselfde dokument as opsie genoem en dit is uiteraard reeds van die baan noudat die inperking tot einde April verleng is.

Wat wel seker is, is dat die departement alles in die stryd gaan werp om met die skooljaar deur te druk.

Elijah Mhlanga, Motshekga se woordvoerder, het gesê hulle gaan nie kommentaar lewer op ’n “uitgelekte” dokument nie. “Dinge het vinnig beweeg en dramaties verander. Die minister sal die media binne die volgende paar dae toespreek.”

Dr. Jaco Deacon, adjunkvoorsitter van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê die dokument is nie ’n amptelike dokument wat deur amptelike kanale aan rolspelers gestuur is nie.

Motshekga het in Woensdag se telekonferensie gesê verskillende spanne werk aan verskillende scenario’s vir die heropening van die skole.

Dis belangrik om nie nou al paniekerig te raak nie. As ons feite het, kan ons goeie besluite neem, sê hy.

“Die minister het gesê sy vermoed skole sal van die laaste plekke wees wat weer gaan oopmaak. Onthou, dis omtrent 12 miljoen leerlinge waarvan ons praat.”

Wat wel seker is, is dat die departement alles in die stryd gaan werp om met die skooljaar deur te druk.

“Die akademiese jaar van 2020 is moontlik en ons sal dit red. Ons het ’n plan gereed om verlore tyd te red,” het Mhlanga vir News24 gesê.

Hy sê daar sal ’n herstelplan wees om leerlinge te help om op te vang wanneer die skole heropen.

Deacon sê matrieks sal beslis hul eksamen kan skryf. “Daar was ’n voorstel van (Motshekga se) kant af om dalk 2020 en 2021 se werk te kombineer, maar dit sluit die matrieks uit.”

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sê in ’n nuusbrief aan sy lede die minister het benadruk dat sy nog nie definitiewe antwoorde oor die heropening van skole kan gee nie.

Luidens die nie-amptelike dokument wat die ronde gedoen het, sou skole teen 7 Julie reeds 52 skooldae verloor het. ’n Kwart van leerlinge tussen gr. R en gr. 11 se kurrikulum sou gesny moes word en dié werk sou dan later opgevang moes word.

Maar die matrieks wat verder wil studeer, móét betyds eksamen skryf. Die voorstel was dus dat hul klasse reeds op 1 Junie hervat, teen welke tyd hulle 42 dae sou verloor het. Dié tyd sou opgemaak kon word deur die Junievakansie met 15 dae te verkort, die Septembervakansie prys te gee, die skooldag vir 40 dae met 2 uur per dag te verleng en om nege weke lank ses skooldae per week te hê.

Meer oor:  Jaco Deacon  |  Angie Motshekga  |  Elijah Mhlanga  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.