Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Skole gaan oop bly’

Die regering het Dinsdagaand baie duidelik laat blyk dat hy skole nie nou weer gaan sluit nie.

Die departement van basiese onderwys het die vakbonde wat bly aandring op die sluiting van skole tot ná die hoogtepunt van die Covid-19-pandemie, in ’n verklaring laat verstaan dat dit glad nie gaan gebeur nie.

Die verklaring is namens die raad van onderwysministers uitgereik en lui dat die raad onderneem het om regstappe te doen “teen alle groepe en individue wat aanhou om skole te ontwrig”.

“Die regering is uiters bekommerd oor onderwysers, hoofde en nie-onderrig-personeel wat alle moontlike platforms gebruik om die regering aan te val omdat hulle moet teruggaan werk toe.

“Hulle wek die indruk dat hulle anders as ander staatsamptenare hanteer behoort te word.”

Skole wat bewys het dat hulle aan die maatreëls teen die virus se verspreiding voldoen en kinders maklik kan akkommodeer, gaan toegelaat word om leerlinge in nog grade in te faseer.

Die raad wys ook daarop dat dit armes is wat die ergste deur die sluiting van skole geraak word, onder meer omdat daardie leerlinge nie die geriewe het om afstandonderrig te kry nie.

Die regering is uiters bekommerd oor onderwysers, hoofde en nie-onderrig-personeel wat alle moontlike platforms gebruik om die regering aan te val omdat hulle moet teruggaan werk toe. Hulle wek die indruk dat hulle anders as ander staatsamptenare hanteer behoort te word

Die raad meen ook dat sowat 80% van leerlinge wat mag terug wees, reeds na hul skole teruggekeer het.

“Dit is baie beter as in die meeste lande ter wêreld,” lui die verklaring.

Die onderwysersvakbond Sadtu het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, vroeër gister versoek om skole onmiddellik weer te sluit, berig Eugenie Gregan.

Mugwena Maluleke, sekretaris-generaal van die vakbond, sê die redes vir die versoek is onder meer omdat die naderende hoogtepunt van infeksies in die winter is en ook omdat nie alle skole die standaard-bedryfsprosedures volg nie.

Maluleke sê die navorsing op grond waarvan vroeër besluit is om Suid-Afrika se skole te heropen, “het ’n prentjie geskets waarin leerlinge in Australië en Italië mekaar nie aangesteek het nie”.

“Dit is wat aan ons voorgehou is om die heropening van skole te motiveer. Die Suid-Afrikaanse situasie het ’n ander kant van die virus gewys waar baie leerlinge die virus opgedoen het en sewe dood is.”

Die situasie is ernstig en raak almal in die gemeenskap, nie net skole nie.

Die vakbond sê daar is ’n probleem met ventilasie in die klaskamers en daar kan nie verwag word dat vensters in die winter oopgemaak word nie.

“Die situasie is ernstig en raak almal in die gemeenskap, nie net skole nie,” sê Maluleke.

Luidens die departement se verklaring het die raad kennis geneem van “Sadtu se resolusie”, maar “die besluit om skole te sluit of nie, berus by die kabinet”.

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA), wat duisende onderwysers verteenwoordig, het hom ook ten gunste van sluiting uitgespreek, terwyl Solidariteit meen skole moet oop bly.

Meer oor:  Koronavirus  |  Heropening  |  Angie Motshekga  |  Covid-19  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.