Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skole heropen later: ‘Alle kinders is ewe belangrik’

Alle kinders is ewe belangrik en onafhanklike skole funksioneer binne dieselfde gemeenskap as ander skole.

So sê dr. Reginah Mhaule, adjunkminister van basiese onderwys, oor waarom skole wat gereed is nie vroeër kan heropen nie. Sy het die media toegespreek in die afwesigheid van Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, wat met siekverlof is.

Die departement van basiese onderwys het Vrydag bevestig leerlinge sal op 15 Februarie na skole terugkeer. Skole se bestuurspanne moet steeds op 25 Januarie aanmeld en onderwysers op 1 Februarie.

Skole sou aanvanklik op 25 Januarie vir die onderwysers en bestuurspersoneel heropen en op 27 Januarie vir die leerlinge.

Die besluit om skole se heropening met sowat twee weke uit te stel, is geneem weens die druk op die gesondheidstelsel die afgelope ruk weens die tweede vlaag koronavirusinfeksies.

“Die koronavirus het besluitneming in ’n sektor so groot soos basiese onderwys bemoeilik. Die raad van onderwysministers het die moeilike besluit op grond van navorsing en statistieke geneem. Die prioriteit is om lewens te red.

“Die skoolbestuurspanne sal eerste aanmeld om vir die onderwysers se terugkeer voor te berei. Onderwysers sal weer vir die leerlinge se terugkeer voorberei. Skole sal die tyd gebruik om uitstaande kwessies af te handel, veral rakende toelatings,” het Mhaule gesê.

“Die departement sal saam met al nege provinsiale departemente werk om die omvang van die impak van die virus te bepaal, veral die afsterwe van onderwysers, werkers en leerlinge in die sektor.”

Die koronavirus het besluitneming in ’n sektor so groot soos basiese onderwys bemoeilik. Die raad van onderwysministers het die moeilike besluit op grond van navorsing en statistieke geneem. Die prioriteit is om lewens te red.

Op ’n vraag oor waarom skole wat gereed is nie vroeër kan heropen nie, het Mhaule gesê die departement probeer nie enigiemand straf nie.

“Ons is een land onder die leierskap van een president. Selfs al is dit ’n onafhanklike skool, funksioneer dit binne dieselfde gemeenskap as ander skole in die land. Ons moet die mense van Suid-Afrika se lewens beskerm. Al ons kinders is ewe belangrik.”

Ontsmettingsmiddels en persoonlike beskermende toerusting gaan aan kwintiel 1- tot kwintiel 3-skole voorsien word. Die departement gaan weer met belanghebbendes vergader oor die fyner besonderhede van die heropening.

Skoolgeld

Ouers sal volgens Mhaule steeds skoolgeld vir Januarie moet betaal.

“Baie skole maak op skoolgeld staat. Ons moedig ouers aan om te betaal. Daar sal altyd planne wees vir ouers wat hul werk verloor het en nie die skoolgeld kan betaal nie.”

Ek kan nie in dié stadium sê of ons weer die heropening gaan uitstel nie. Dit hang van die omstandighede af.

Mzwandile Matthews, raadgewer vir die minister van basiese onderwys, sê skoolgeld word deur skole se beheerliggame vasgestel.

“Dis ’n kwessie vir die beheerliggame en ouers. Die vraag is al gevra toe skole nog op 27 Januarie sou open. Ons kan nie die kwessie op ons vlak reguleer nie. Daar is onderwysers en werkers wat deur die beheerliggame aangestel is en steeds betaal moet word,” het hy gesê.

Verdere uitstel

“Ek kan nie in dié stadium sê of ons weer die heropening gaan uitstel nie. Dit hang van die omstandighede af. As ons die situasie kan beheer en stabiliseer, sal skole heropen,” het Mhaule gesê.

Volgens haar moet mense ook leer om met die virus saam te leef.

“As die situasie nie (teen 15 Februarie) verander nie, sal ons maniere vind om te verseker onderrig gaan voort.”

Onafhanklike skole

Mhaule het aanvanklik gesê onafhanklike skole wat reeds geopen het, gaan by die besluit moet inval.

Matthews het egter gesê dié skole kan nie gedwing word nie. Die departement het vergader met organisasies wat onafhanklike skole verteenwoordig.

“Hulle het ingestem om die skole wat reeds heropen het te oortuig om by die nuwe besluit in te val. Ons kan hulle nie dwing nie, maar ons verwag dat hulle dit sal oorweeg om te sluit en eers later te heropen,” het hy gesê.

Verlies aan skooltyd

Volgens Mhaule het die res van die jaar se skoolkalender nie verander nie. Sy het bygevoeg die departement is besig om aanlyn onderrig in veral landelike gebiede te versterk.

“Die kurrikulum is laas jaar beïnvloed, daarom is van die inhoud na 2021 oorgedra. Ons het baie skooldae verloor weens die pandemie en ons het nie geweet dit kom nie, so ons moes planne maak. Ons het baie lesse geleer, nou kan ons buite die boks dink.”

Sy het gesê hulle kan nie voorspel of vanjaar erger gaan wees nie, maar hulle is daartoe verbind dat leerlinge gehalteonderrig kry.

“Die langtermynplan is dat ons inligtings- en kommunikasietegnologie moet versterk, sodat ons kan kommunikeer, selfs al is ons nie by die skole nie.”

VKO’s

“Ek wil graag mense daaraan herinner dat sentrums vir vroeë kinderontwikkeling (VKO’s) onder die departement van maatskaplike ontwikkelinge val. Net gr. R word deur ons besluit geraak,” het Matthews gesê.

Meer oor:  Reginah Mhaule  |  Onderwys  |  Covid-19  |  Skole  |  Koronavirus  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.