Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skole in Mpumalanga haglik, onveilig
Dit is hoe dit by die Kobeng Primary School in Mpumalanga lyk. Foto: Verskaf

Daadwerklike stappe sal deur die onderwysdepartement in Mpumalanga gedoen moet word om “die absolute haglike omstandighede” te takel wat by skole regoor die provinsie heers.

Só sê Jane Sithole, LUR en DA woordvoerder vir onderwys in Mpumalanga, nadat sy verlede Vrydag sommige skole in die provinsie besoek het.

“Ek was so geskok oor die stand van sake by party van die skole dat ek Maandag ’n brief aan Sibusiso Malaza, LUR vir onderwys in Mpumalanga, gestuur het om dadelik in te gryp. Veral by skole soos die Sekwai Secondary School in Moremela wat uitmekaar val, en Kobeng Primary School en Makuke Secondary School waar leerlinge vervalle geriewe moet gebruik,” het Sithole Dinsdag gesê.

“Die onderwysdepartement het nie geld om die infrastruktuur op te gradeer nie, wat beteken dat die leerlinge in onveilige geboue onderrig word en toilette sonder lopende water en sonder deure moet gebruik.

“Kinders in Mpumalanga leer in haglike, onveilige omstandighede. Wat gaan die onderwysdepartement daaraan doen,” wil Sithole weet.

By navraag het Malaza aan Netwerk24 gesê dat hy “ten volle bewus is” van die toestande by skole in die provinsie en dat dit ’n ernstige bekommernis is omdat daar nie onmiddellik geld beskikbaar is om verbeterings te doen nie.

“Veral skole met onveilige strukture en toiletgeriewe moet dringend aandag kry. Ons het plaaslike besighede genader om ons te help en reeds ’n aanduiding gekry dat geriewe by 29 skole verbeter gaan word.

“Dit is ’n aanduiding dat ons bereid is om alles in ons vermoë te doen om seker te maak dat ons kinders in behoorlike skole onderrig kry en om die probleme wat die gemeenskap in die gesig staar te verminder,” het Malaza gesê.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Onderwys  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.