Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skole in W-Kaap tjokvol

Skole in die Wes-Kaap bars uit hul nate met meer as 130 000 leerlinge wat in die laaste vyf jaar vanaf ander provinsies hierheen gekom het.

Vanjaar alleen sal daar 25 388 meer leerlinge in Wes-Kaapse skole wees teenoor verlede jaar, sê Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse LUR vir onderwys.

Die aantal leerlinge van graad R tot matriek in die Wes-Kaap is meer as 1,17 miljoen.

“Dit het ’n groot invloed op die skole in die provinsie en die hartseer realiteit is dat die regte finansiering per leerling nie vanaf die nasionale regering na die provinsie se onderwysdepartement vloei nie,” sê Shelver.

In 2019 sal vier nuwe skole in die provinsie hul deure open in onderskeidelik Brackenfell, George, Wallacedene en Delft.

Die syfers wat deur die nasionale regering gebruik word, is ou sensus-statistieke wat nie die huidige realiteit met die groeiende aantal leerlinge weerspieël nie, sê sy.

Volgens Shelver plaas die ekonomiese toestand van die land ook druk op die onderwysdepartement. Met ’n kleiner toedeling uit die begroting vir onderwys beteken dit die aantal leerlinge per klas is te veel en daar is net nie geld vir genoeg klaskamers en onderwysers nie.

Shelver sê die Wes-Kaapse onderwysdepartement begin jaarliks vroeg met ’n veldtog om kinders by skole ingeskryf te kry. Die sperdatum vir vanjaar se inskrywings was reeds op 23 Maart 2018, maar talle ouers steur hulle nie hieraan nie.

“Die vraag na plek in Wes-Kaapse skole groei toenemend en ons verwag in Januarie ’n massaverskuiwing na die provinsie deur leerlinge en hul ouers wat verdere druk op die onderwysstelsel sal plaas,” sê Shelver.

In 2019 sal vier nuwe skole in die provinsie hul deure open in onderskeidelik Brackenfell, George, Wallacedene en Delft.

Twee nuwe skoolgeboue wat bestaande skole vervang, sal in Houtbaai en Grabouw in gebruik geneem word.

Verder sal daar ’n bykomende 30 klaskamers by skole ingerig word waar daar spasie is.

Daar is ook 46 tydelike klaskamers opgerig in gebiede waar groot groei voorsien word, sowel as 34 permanente klaskamers waar dit moontlik was om baksteengeboue op te rig.

Shelver sê daar is beplan vir skoolbehoeftes en werkboeke, en skryfbehoeftes en handboeke is reeds afgelewer.

Meer oor:  Wkod  |  Jessica Shelver  |  Wes-Kaap  |  Onderwys  |  Nuwe Skooljaar  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.