Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skole se radius: Lesufi ‘dryf politieke agenda’

“Panyaza Lesufi dwing sy wil op Gautengse skole af en dryf ’n politieke agenda.”

So sê Philippus van Staden, die VF Plus-lid wat op 21 Augustus klagte teen die LUR vir onderwys in Gauteng by die Gautengse wetgewer ingedien het.

Van Staden is ontevrede oor wat hy as bevooroordeelde optrede teen Afrikaans en Afrikaanse skole bestempel. “Lesufi se voorneme om die radius van skole se voedingsgebiede van 5 km na 30 km te vergroot, is om spanning tussen rassegroepe te bewerkstellig en gaan skole in algehele chaos dompel,” het Van Staden Vrydag gesê. 

Regulasiewysigings is in Junie in die Provinsiale Koerant gepubliseer. 

“Sedert die wysigings gepubliseer is, is 10 000 besware by die onderwysdepartement ingedien. Duidelik is mense hoogs ontevrede en bekommerd en maak Lesufi se planne glad nie sin nie,” sê Van Staden.

Lesufi ontken die aantygings teen hom in ’n verklaring wat hy Vrydag uitgereik het. Hy sê hy het geen konstitusionele of wetgewende bepalings, soos die VF Plus beweer, oortree nie. 

Die integriteitskommissaris van die Gautengse wetgewer, dr. Ralph Mgijima, ondersoek tans Van Staden se klagtes.

“Ek is nie seker wanneer die ondersoek afgehandel sal word nie, maar sal my berus by die besluit,” sê Van Staden.

“Die uitdagings is nie net tot Afrikaanse skole beperk nie,” sê Lesufi. 

“Die departement kan enige skool versoek om meer leerlinge in te neem. Ek kan nie toelaat dat skole wat onderbenut word en in ’n enkele taal onderrig gee, hul deure vir leerlinge sluit wat ook ’n behoefte aan opvoeding het nie,” sê hy.

Meer oor:  Panyaza Lesufi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.