Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skool hou tugverhoor ná slanery

Die bestuur en beheerliggaam van die Hoërskool Kempton Park aan die Oos-Rand gaan Woensdagaand ’n tugverhoor hou nadat ’n video op sosiale media versprei is waarin ’n leerling ’n ander een by die skool slaan, op die vloer neergooi en skop.

“Die skool het die voorval dadelik aan die departement gerapporteer en ons sal ná vanaand se verhoor weet watter stappe gedoen sal word,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, Woensdagoggend gesê nadat hy met die bestuur en beheerliggaam van die skool vergader het. Volgens Lesufi het die voorval verlede Woensdag in een van die badkamers by die skool gebeur.

“Die slagoffer se ouers het reeds ’n saak van aanranding teen die ander leerling aanhangig gemaak,” het Lesufi aan joernaliste gesê.

“Ons glo die skool is ’n veilige plek en dat dit ’n geïsoleerde voorval was.

“Minderjariges (albei die leerlinge is in gr. 9) is hier betrokke en hulle sal hul eksamens in aparte lokale skryf,” het Lesufi bygevoeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.