Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skool rou ná 2 leerlinge se dood kort na mekaar
Cee-Jay Lottering
Andy Buys

Die Hoërskool George (of George High soos die skool ook bekend staan) is in rou gedompel nadat twee van sy leerlinge binne enkele dae ná mekaar dood is.

Cee-Jay Lottering, ’n gr. 9-leerling, is verlede Dinsdag in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad dood. Hy het na wat verneem word gesondheidsprobleme gehad en is vroeër gehospitaliseer.

Saterdagoggend vroeg is nog ’n leerling, Andy Buys (16), wat in gr. 10 was, in ’n motorongeluk dood.

Andy se tannie, Jacqueline Buys, sê die ongeluk het naby Kroonstad gebeur toe Andy en sy pa, Anthony, sowat ’n uur en ’n half van Johannesburg weg was. Die familie weet nog nie presies wat gebeur het nie. “Ons het Saterdag net ná 05:00 die tyding gekry.”

Volgens haar sou die familie Dinsdag Andy se lyk in Kroonstad gaan uitken. Anthony was in die hospitaal, maar is intussen ontslaan en is deur familielede gaan haal.

Sy sê Anthony het vir werk Johannesburg toe gegaan. “Andy was verskriklik opgewonde daaroor om saam te gaan. Dit is ’n baie harde slag vir ons.”

Die Hoërskool George het Saterdag op sy Facebookblad geskryf: “Dinsdag 24 November het ons by George High met skok verneem van die afsterwe van Cee-Jay Lottering. Vandag 28 November het die dood vir die tweede keer George High getref met die tragiese heengaan van Andy Buys. Mag die siele van hierdie twee jong seuns in vrede rus en mag die Here die onderskeie ouers en familie vertroos in hierdie hartseer tyd.”

Morton van Rooyen, skoolhoof, sê sowel Cee-Jay as Andy was goeie leerlinge. Volgens hom was Cee-Jay siek en die afgelope tyd in die hospitaal. Andy het Vrydag nog eksamen by die skool geskryf.

Albei seuns se dood is ’n groot skok vir die skool, sê hy. “Hulle het albei baie goeie maniere gehad en goed saamgewerk in die klas.”

Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie. Volgens Andy se tannie sal sy begrafnis waarskynlik eers volgende Saterdag wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.