Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skool kan seun in rolstoel nie meer help nie

Meer as 600 000 kinders landwyd gaan nie tans skool nie omdat daar nie vir hul gestremdhede voorsiening gemaak word nie.

John-Paul Hattingh

Só sê Therina Wentzel-Du Toit, nasionale direkteur van die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdhede (NCPD).

“Openbare geboue moet toeganklik wees vir persone met gestremdhede, elke kind het die reg tot onderwys.”

In Rustenburg moet ’n 13-jarige gestremde seun egter sy gr. 7-jaar môre in ’n nuwe leersentrum begin omdat hy nie in sy rolstoel by die klasse van sy ou skool kan uitkom nie.

John-Paul Hattingh was volgens sy ma, Joan, van gr. 1 tot 6 in die Laerskool Proteapark in Rustenburg. Hy kon nog nooit loop nie weens spina bifida, ’n geboortedefek. Hy ly ook aan skoliose.

Die Laerskool Proteapark is volgens die hoof, Henk Pieterse, ’n voldiensskool wat vir leerlinge met ’n verskeidenheid gestremdhede voorsiening maak.

John-Paul het tot dusver hysbak gery om by klasse uit te kom. Maar die hysbak bring mens nie by die gr. 7-klasse uit nie. Joan sê die hoof het al in 2018 aanbeveel dat sy haar kind skuif. Verlede week het hy vir haar gesê hy kan nie die hele skool ontwrig deur die gr. 7-klasse vir net een leerling se onthalwe na die grondverdieping te skuif nie, deels omdat onderwysers reeds geld aan hul klaskamers bestee het.

Pieterse sê John-Paul se geval is geïsoleerd “met praktiese en logistieke uitdagings wat dit nie moontlik maak om aan hom die onderrig te verskaf wat hom toekom nie”.

Wentzel-Du Toit sê die klasse moet geskuif word. “Ons vind baie keer daar is kinders wat in hoofstroomskole kán wees, maar weens probleme soos in hierdie geval kan hulle nie.”

André Kalis, spesialis oor beleid en kindersake ook verbonde aan die NCPD, beaam dit. “Die strukturele toeganklikheid tot skole vir kinders met gestremdhede is verpligtend binne die raamwerk van die DBO se beleid van inklusiewe onderwys.”

John-Paul begin môre by Unique Academy in Rustenburg, ’n leersentrum waar tutors vir leerlinge ’n tuisonderrigprogram aanbied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.