Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skool ontsier ná verandering van naam

Byna ’n maand nadat die Hoërskool Hendrik Verwoerd in Pretoria tot die Rietondale High School herdoop is, is dié nuwe naam met wit verf ontsier.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Maandag sy teleurstelling met die vandalisering van die skool op sosiale media uitgespreek.

“Ons het die Hoërskool Hendrik Verwoerd se naam verlede maand na Rietondale High School verander. Oor die naweek is die skool en die nuwe naam gevandaliseer,” skryf Lesufi op Twitter.

Lesufi sê dié soort vandalisme is onaanvaarbaar.

“ ’n Ondersoek is onderweg nadat die skool in die naweek gevandaliseer is. Ek hoop om teen Woensdag ’n volledige verslag van die polisie te kry waarna ek kommentaar sal lewer.”

Die besluit om dié skool se naam te verander het vroeër vanjaar ’n herrie veroorsaak oor die Gautengse onderwysdepartement se vasberadenheid om dié apartheidsnaam af te skud.

Olga Veldsman, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het voorheen aan Netwerk24 gesê die skool het in 2016 aangedui hulle wil die naam verander. Die nuwe naam is in 2018 gekies.

“Met die naamsverandering dryf ons nie net transformasie nie, maar wys ons ook ons is toegewyd om die gemeenskap te dien en ’n nierassige omgewing te skep.”

Die skool kon nie Maandag vir verdere kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.