Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skool se doppies en knippies help gestremdes
Die leerlinge van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het Woensdag ’n wavrag vol doppies en broodknippies afgelewer. Hierdie afvalstukke gaan vir ’n insameling vir die koop van rolstoele vir behoeftige mense met gestremdhede. Agter v.l.n.r. is Lourens van Niekerk, Alicia van der Merwe, Johan Jooste, Clarisse Fourie en Andriëtte Strydom. Voor v.l.n.r. is Troy Mohapi, Jared McIntyre en Michelle Viljoen. Foto: Mlungisi Louw

’n Afvalbestuurprojek by ’n Bloemfonteinse skool verseker nie net dat die omgewing skoon bly nie, maar kon boonop van die afval skenk om behoeftige mense te help.

Die leerders van die Hoërskool Jim Fouché (JF) het Woensdag gewys hul helpende hande staan vir niks verkeerd nie toe hulle ’n hele wavrag vol bokse met broodknippies en botteldoppies aan die Mustangs-rolstoel-rugbyklub geskenk het.

Andriëtte Strydom, ’n verbruikerstudie-onderwyser en die projekbestuurder, sê afvalbestuur is ’n belangrike inisiatief by JF.

“Die insameling van broodknippies en botteldoppies vorm nie net deel van ons afvalbestuurprojek nie, maar ons skenk dit aan mense met gestremdhede vir wie dit dan tot nut is.”

Die afval word by ’n herwinningsfabriek geweeg, en daarvolgens word ’n bedrag uitbetaal.

Jared McIntyre van die Mustang-rolstoel-rugbyklub sê deur dié inisiatief wil hulle graag aan die gemeenskap teruggee.

“Die geld wat ons deur die ingesamelde doppies en knippies kry, gebruik ons om veral behoeftige kinders met gestremdhede te help.

“Ons wil hierdeur vir mense wat reeds beperkte beweging het, met ’n dagrolstoel help,” sê McIntyre.

Die leerlinge van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het Woensdag ’n wavrag vol doppies en broodknippies afgelewer. Hierdie afvalstukke gaan vir ’n insameling vir die koop van rolstoele vir behoeftige mense met gestremdhede. Agter v.l.n.r. is Lourens van Niekerk, Alicia van der Merwe, Johan Jooste, Clarisse Fourie en Andriëtte Strydom. Voor v.l.n.r. is Troy Mohapi, Jared McIntyre en Michelle Viljoen. Foto: Mlungisi Louw
Die kinders is die toekoms en dis mooi om te sien dat hulle vroeg al helpende hande wil wees.

Clarisse Fourie (gr. 9) het met sowat 7 000 doppies en knippies die meeste eenhede ingesamel.

“Ek het sommer die inperking gebruik om ook my familie en vriende in te span om hul doppies en knippies op te gaar.

Lourens van Niekerk, ’n gr. 10-leerling by die skool, sê dit is wonderlik om te sien hoe so ’n klein gebaar so ’n groot verskil kan maak.

“Ek het sommer al my pelle betrek en pouses gevra vir doppies as hulle koeldrank drink. Dit was ’n eenvoudige ding wat iets groots vir ander beteken.”

Michelle Viljoen, ’n onderwyseres by JF en deel van die projek-bestuurspan, sê die projek lê haar baie na aan die hart.

“Dit is ook wonderlik om te sien hoe geesdriftig die kinders is en hoe groot en oop hul harte is om te help.

“Die kinders is die toekoms en dis mooi om te sien dat hulle vroeg al helpende hande wil wees.”

Viljoen sê dinge wat ons elke dag as vanselfsprekend beskou, kan ’n yslike verskil in iemand anders se lewe beteken.

“Ons moet ons hande en harte oopmaak en bewus wees van die klein gebare wat ons kan gebruik om ander te kan dien.”

Die JF-leerlinge is opgewonde om terug te wees by die skool en om reeds tydens pouse weer doppies bymekaar te maak.

“Ons moet teen einde 2020 minstens nog twee sleepwaentjies vol doppies en knippies aflewer,” sê Van Niekerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.