Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skool weier polisie, amptenare toegang

Die bestuur van die Centauri- Private Skool in Centurion het geweier om verteenwoordigers van die departement van onderwys en die polisie by die skoolhek in te laat.

Die departement het Donderdagoggend by die skool opgedaag om die skool te sluit.

’n Vrou by die Centauri-Private Skool neem lede van die media af nadat daar geweier is dat amptenare van die onderwysdepartement die skoolterrein betree.

Luidens ’n verklaring van die departement is die skool se bedryfsregistrasie in April deur die departement teruggetrek omdat die skool nie aan die nodige vereistes voldoen het nie.

Daar is onder meer onderwysers aangestel wat nie die nodige kwalifikasies het nie.

Die skool het die departement sedertdien geïgnoreer en met sy bedrywighede voortgegaan.

Steve Mabona, die departement in Gauteng se woordvoerder, sê die eienaar van die skool was aggressief toe hulle by die skoolhek opgedaag het. “Sy het gesê dis private eiendom en het geweier dat ons ingaan.”

Amptenare is daarna na die polisiekantoor om ’n saak oop te maak en ’n lasbrief te kry om die perseel te deursoek.

Netwerk24 het in 2017 ook oor die skool berig omdat ouers gekla het oor hul kinders se onvolledige rapporte. Die skool het na bewering nie genoeg onderwysers gehad om al die vakke aan te bied nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.