Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skoolhoof teen boelie, maar tevrede met straf

Deon Scheepers, hoof van Grey Kollege, keur enige boeliegedrag af en hy is tevrede met die tugproses wat ná so ’n voorval by die skool gevolg is.

Scheepers het Dinsdag ’n lyfwag in uniform weggestuur toe dié ’n leerling wat glo verskeie kere vanjaar geboelie is, skool toe vergesel het.

Die seun se oortrommel het op 13 Maart vanjaar gebars toe ’n medeleerling hom van agter hard teen die oor geklap het.

Deon Scheepers

“Enige boeliegedrag (emosioneel of fisiek) of intimidasie is onaanvaarbaar in enige gemeenskap en daarom ook in Grey Kollege,” het hy laat Vrydagmiddag in ’n Facebook-inskrywing gesê.

Hy is tevrede dat die tugproses objektief was en die straf “opvoedkundig gemotiveer” kan word.

Netwerk24 het vroeër berig die ma is ontevrede oor die straf.

Scheepers het op Facebook geskryf: “In enige tugondersoek is alle partye nie altyd 100% met die uitslag daarvan tevrede nie. Dit is waarom die beheerliggaam objektiewe en eksterne regspersone in die verhoor gebruik het.”

Die twee boelies is op 9 Oktober onderskeidelik tot 50 uur gemeenskapsdiens, verminder tot 25 uur, en tot 30 uur se gemeenskapsdiens, verminder tot 15 uur gestraf.

Die seun, wat verlede Vrydag vir die tweede keer geboelie is, se ma het Scheepers die naweek met ’n WhatsApp daarvan verwittig. Sy het Scheepers en Ian Small-Smith, voorsitter van die tugpaneel wat die eerste aanrandingsaak hanteer het, ook op Facebook gepak.

Dit was nie dieselfde leerling wat haar seun Vrydag geslaan het nie.

Die ma beweer haar kind is deur gr. 11-leerlinge gevloek en geskel. Hy en sy familie is vierletter-“p-woorde” toegesnou. Daar is aan hom gesê: “En jy moet uit die f****n skool uit.”

Scheepers sê die voorval sal ook deeglik ondersoek en hanteer word.

Om die bevindings van tugverhore op sosiale media of in koerante te debatteer, is nie in die beste belang van enige van die leerders óf Grey Kollege nie.

“Ek versoek dus alle belanghebbendes dat, indien hulle hierop antwoord, dit op ’n respektabele wyse en met die beste belange van die skool en die hart van sy waardestelsel gedoen sal word.”

Meer oor:  Grey Kollege  |  Deon Scheepers  |  Bloemfontein  |  Boelies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.