Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skoolhoofde waarsku oor porno op kinders se fone

Skoolhoofde in Randfontein aan die Wes-Rand het ouers die afgelope week gewaarsku oor “die rondstuur van pornografiese materiaal onder kinders” in die omgewing.

Dit volg nadat ontstelde ouers die hulp van die Gautengse departement van onderwys ingeroep het nadat kinders van verskillende ouderdomme sonder hul toestemming by ’n WhatsApp-kletsgroep, wat as The Crazy Ones bekend staan, bygevoeg is.

Dié groep is intussen gesluit, maar besorgde ouers is steeds bekommerd oor die blootstelling van hul kinders aan pornografiese materiaal.

“Ek het ouers weer attent daarop gemaak om uit te vind wat op hul kinders se fone aangaan,” sê ’n skoolhoof in Randfontein, wat anoniem wil bly.

Ek het ouers weer attent daarop gemaak om uit te vind wat op hul kinders se fone aangaan.
'n Skoolhoof

“Ek weet van ten minste een ander skoolhoof in die omgewing wat dieselfde gedoen het.

“Dit is onmoontlik om kinders te verbied om selfone skool toe te bring omdat toestelle soos selfone en tablette toenemend in klaskamers gebruik word. Streng dissiplinêre stappe sal teen kinders gedoen word wat hulle skuldig maak aan die verspreiding van pornografie.

“Kinders moet egter ook die vrymoedigheid hê om openlik te praat met hul ouers oor dinge waaroor hulle ongemaklik voel of bang voor is,” sê die skoolhoof.

Ouers behoort uit te vind wat op hul kinders se fone aangaan.

Van die foto’s wat op die WhatsApp-groep versprei is, is onder meer ’n digitaal-gemanipuleerde foto van die Hollywood-akteur Will Smith se kop met die kaal bolyf van ’n vrou in die plek van syne. Ander foto’s beeld anale seks en seks tussen twee mans en ’n vrou uit.

“Tieners met selfone het volledige toegang tot die internet en dus pornografie,” sê Mike Bolhuis, private ondersoeker van Pretoria.

Volgens Bolhuis val ’n aanklag van die vervaardiging van pornografie onder die Wet op Seksoortredings, terwyl ’n aanklag van die verspreiding en besit daarvan onder die Wet op Rolprente en Publikasies val.

“Sexting, wat beskryf word as die verspreiding van seksuele foto’s, video’s of boodskappe, is ook ’n toenemende probleem onder skoolkinders. Dis onwettig om sulke inhoud te vervaardig, te versprei of te besit,” sê Bolhuis.

Volgens hom moet ouers ’n openhartige verhouding met hul kinders hê en bewus wees van wat hulle op sosialemedia-platforms met ander deel.

“Dit is belangrik dat ouers beheer oor hul kinders se toestelle het en hulle te enige tyd kan vra om daarna te kyk. Ek wil nie onnodig spoke opjaag nie, maar ’n gevaarlig moet aangaan wanneer ’n kind vir ’n ouer toegang tot sy foon weier,” sê Bolhuis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.