Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skoolplasing: Gautengse ouers kry net 7 dae

Ouers van 2021 se gr. 1- en gr. 8-leerlinge in Gauteng het net sewe skooldae om ja of nee te sê vir skoolplasing aanstaande jaar. Indien ouers nie op die SMS reageer nie, gaan hulle hul eerste keuse verbeur.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Sondag aangekondig die ouers sal van Donderdag af SMS’e ontvang.

“Nie almal gaan op 1 Oktober SMS’e ontvang nie. Die res sal later SMS’e ontvang, maar dit is belangrik dat ouers onmiddellik die aansoek aanvaar,” sê Lesufi.

Jy kan nie meer skole hê wat minderhede bedien en die meerderheid kan nie skole kry nie vanweë hul taal nie.
Panyaza Lesufi

Ouers van alle leerlinge wat tans in gr. R of gr. 7 is, moes aanlyn aansoek doen vir hul kinders se toelating vir die volgende akademiese jaar. Ouers kon vyf skole in die aansoekproses kies. Die plasing vir nuwe gr. 1- en gr. 8-leerlinge begin 1 Oktober en sluit op 30 November.

Lesufi sê sy departement het plek vir byna 374 000 gr. 1- en gr. 8-leerlinge, maar het al byna 410 000 aansoeke ontvang.

Die kriteria wat gebruik is om leerlinge te plaas is:

• Die afstand wat leerlinge van ’n skool woon – die naaste leerlinge kry voorkeur;

• Die voersone van ’n skool; en

• Die kapasiteit by die skool.

Lesufi sê ’n uitdaging vir die departement is ouers wat slegs ’n spesifieke skool kies.

“Ons het meer aansoeke as beskikbare plekke. Dit beteken daar gaan ouers wees wat nie hul kinders geplaas kry by hul voorkeurskool nie, maar daar is nie een kind wat nie geplaas gaan word nie. Ons gaan sommige kinders by ’n skool moet plaas wat nie die voorkeurskool was nie.”

Hy sê die Laerskool Akasia wat plek het vir 182 gr. 1-leerlinge het 1 515 aansoeke ontvang en die Laerskool Theresa Park wat plek het vir 190 gr. 1-leerlinge het 1 237 aansoeke ontvang.

“Ons moet met die nodige spoed beweeg om skole in Tshwane, Centurion, Woodmead, Midrand, Sandton en die suide van Johannesburg te bou. Ons moet hieraan aandag gee.

“Die probleem wat ons het, is nie dat daar nie skole is nie, maar die enkelmediumskole wat nie ander leerlinge kan akkommodeer wat ander tale praat nie. Dit is ’n probleem. Mense glo ons wil ander mense dwing om hul taal te verander. Maar jy kan nie meer skole hê wat minderhede bedien en die meerderheid kan nie skole kry nie vanweë hul taal nie.

“Mense glo jy moet enkelmediumskole hê en leerlinge van ander gebiede inneem wat nie in ’n spesifieke plek bly nie sodat die enkelmediumskool kan voortgaan.”

By hoërskole is die situasie erger. Meer as 2 000 gr. 8-leerlinge wat die Hoërskool Alberton gekies het, gaan onsuksesvol wees. Die skool het plek vir 210 gr. 8-leerlinge en 2 376 aansoeke is ontvang.

By die Hoërskool Langenhoven en die Sir John Adamson High School is ’n soortgelyke uitdaging. Eersgenoemde het plek vir 280 leerlinge en het 2 040 aansoeke ontvang en laasgenoemde het plek vir 280 leerlinge en het 2 025 aansoeke ontvang.

Lesufi sê die tien voorste skole wat die meeste aansoeke ontvang het, is ook ’n aanduiding dat daar vertroue is in openbare skole.

“Ek wil die beheerliggame, hoofde en onderwysers by die skole bedank.”

Hy sê hulle gebruik ook die data om vas te stel waar die departement nog skole moet bou.

“Ons moet met die nodige spoed beweeg om skole in Tshwane, Centurion, Woodmead, Midrand, Sandton en die suide van Johannesburg te bou. Ons moet hieraan aandag gee.”

Sy departement het onlangs twee nuwe skole in Centurion bekend gestel.

Hy sê daar is ook skole waar ouers nie eens aansoek wil doen nie.

“Ons kan nie toelaat dat daar sulke skole is nie.”

Lesufi sê daar is kinders wat nog nie geplaas kan word nie omdat ouers nog nie die nodige dokumente ingedien het nie.

“Ek doen ’n beroep op ouers om die dokumente in te dien.”

Laerskole en hoërskole wat die meeste aansoeke ontvang het:

Skool Aansoeke Kapasiteit

Laerskool Akasia

1 515182
Laerskool Theresa Park1 237190
Laerskool Rachel de Beer1 073240
Selcourt Primary School884120
Laerskool Silverton830180
Alston Primary School830220
Alberview Primary School771140
Hamilton Primary76290
Freeway Park Primary761180
Laerskool Danie Malan755154
Skool Aansoeke Kapasiteit
Alberton High School2 376210
Hoërskool Langenhoven2 040280
Sir John Adamson High School2 025280
Boksburg High School2 000285
Hoërskool Akasia1 870210
Hoërskool President1 860270
Northcliff High School1 783300
Mondeor High School1 760310
Phumlani Secondary School1 685300
Hoërskool Gerrit Maritz1 682210
Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Sms  |  Gautengse Skole  |  Aansoeke  |  Skoolplasing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.