Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skootdans by skool kwel departement

Die Gautengse onderwysdepartement het sy kommer uitgespreek oor ’n video waarin ’n gr. 10-leerling vir ’n ander leerling ’n skootdans doen.

Die video is glo in Februarie vanjaar by die Sikhululekile High School geneem.

“Skole is instansies waar onderrig plaasvind en moet as sodanig hanteer word,” het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, in reaksie op die voorval gesê. “Enige wangedrag en optrede wat ons onderwysinstellings ondermyn, sal nie geduld word nie.”

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die onderwysdepartement, sal die voorval ondersoek word.

“Ons dra kennis van drie videos wat in Februarie deur gr. 10-leerlinge geneem is. Die ondersoek sal dus al die leerlinge in dié graad insluit,” het Mabona gesê.

Die uitslag van die ondersoek sal bepaal wat die aard van tugstappe teen die leerlinge sal wees.

Meer oor:  Sikhululekile High School  |  Skool  |  Leerders  |  Seks  |  Dans  |  Skootdans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.