Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Skootdanser’ by die huis en swanger
’n Skermgreep van die video waarin ’n gr.10-leerling ’n skootdans vir ’n ander doen. Foto: Skermgreep

Die gr. 10-leerling van ’n Gautengse skool wat ’n skootdans vir ’n ander doen, is nege maande swanger en is tans by haar huis waar sy voorberei op die geboorte van haar kind.

’n Video wat in Februarie by die Sikhululekile Secondary School in Hammanskraal by Pretoria geneem is, doen tans die ronde op sosiale media.

In die video kan gesien word hoe die meisie (16) ’n skootdans vir haar medeleerling doen.

Hulle is albei in hul skoolklere geklee.

Steve Mabona, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, sê die meisie se ouers is na die skool ontbied. Tugstappe sal gedoen word sodra die meisie na die skool terugkeer.

“Ons is hoogs teleurgesteld deur die leerlinge se optrede wat die skool in oneer gebring het. Sikhululekile Secondary School is een van die skole wat die beste presteer en wat ’n 100%-slagsyfer in veral wiskunde en wetenskap het,” sê Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys.

“Ons veroordeel ten sterkste enige wangedrag wat die waardigheid van ons skole ondermyn.”

Mabona sê die video volg ná ’n ander video van ’n leerling by dieselfde skool waarin sy liederlike taal gebruik en seksuele aktiwiteit bevorder.

Volgens hom het dié leerling voor ’n tugkomitee verskyn en is daarna vir vyf dae geskors.

“Ons is bewus dat daar drie video’s is wat deur die gr. 10-leerlinge in Februarie geneem is. Daarom sal die ondersoek al die leerlinge in die graad betrek. Die uitkoms van die ondersoek sal die tugstappe teen al die leerlinge wat betrek word, bepaal.”

Die departement het ’n span na die skool gestuur om ondersteuning aan al die betrokke leerlinge te bied.

Meer oor:  Steve Mabona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.