Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Slaan-video: Meisie het afsprake met sielkundiges

’n Tienermeisie van Randfontein wat in ’n video ’n medeleerling slaan, het Vrydag afsprake met sielkundiges.

Dit is sodat daar dieper ondersoek ingestel kan word na wat tot haar optrede aanleiding gegee het, het haar pa Donderdagmiddag aan Netwerk24 gesê.

Hy het Woensdagaand laat te hore gekom van die video, wat soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het.

In die video van die bakleiery snou sy dogter ’n skoolseun allerhande dinge toe voordat sy hom ’n paar keer met die vuis bydam. Hulle is albei 16 jaar oud. Die seun is in gr. 9 en die meisie in gr. 10.

Die betrokke partye gee verskillende dae vir die voorval: Vrydag, Maandag en Dinsdag. Dit het wel ná ’n eksamen buite die skool gebeur terwyl hulle nog in hul skoolklere was.

Die meisie se pa sê hy wil eers agter die kap van die byl kom en sin maak van die gebeure voordat hy hom te veel oor die voorval uitlaat.

Daar is dinge wat op die agtergrond lê wat niemand van weet of hoor nie. So dit is vir my moeilik om te sê (of sy dogter reg of verkeerd was).

“Daar word so baie dinge gesê en so baie woorde rondgegooi. Die enigstes wat werklikwaar weet (wat gebeur het), sal hy en sy wees (die seun en sy dogter) en die vriende wat daar gestaan het,” sê hy.

Of sy dogter verkeerd opgetree het, sê hy “aan die een kant, ja, en aan die anderkant, nee”.

“Dit hang alles af. As ons dieper in die saak kyk – dit is nie ’n ding wat van vandag af kom nie,” sê die pa.

“Daar is dinge wat op die agtergrond lê wat niemand van weet of hoor nie. So dit is vir my moeilik om te sê (of sy dogter reg of verkeerd was).”

’n Tante van die seun het aan Netwerk24 beweer dat die meisie se geboelie al maande lank aangaan.

“Hulle ry saam bus, so sy knou hom ook in die bus af,” beweer sy tannie.

’n Ander familielid van die seun het glo al voorheen met die meisie oor die afknouery gepraat, waarop sy volgens die tante glo geantwoord het dat sy daarmee sal voortgaan.

Hy probeer dapper wees, maar hy is ’n teruggetrokke kind. Ek probeer hom moed inpraat, want hy is bekommerd oor wat mense van hom dink omdat ’n meisie hom geslaan het.

Sy beweer dat die meisie die seun oor sy omstandighede uitbuit.

In reaksie op dié aantygings sê die meisie se pa hy het daarvan gehoor.

Hy wou wel nie kommentaar daarop lewer totdat hy meer inligting het nie.

“Ek is meer as (bereid) om met julle daaroor te praat en het niks om weg te steek nie. Ek is nie skaam oor my kind nie en het haar reg grootgemaak,” sê die pa.

Op die vraag hoe hy as ouer gevoel het toe hy die video vir die eerste keer sien, het hy geantwoord­: “Baie teleurgesteld en baie seergemaak.”

Dié gevoelens is nie net oor sy dogter se gedrag nie, maar ook teenoor die mense wat haar op sosiale media aanval.

Die pa sê vreemdelinge het hul familie en vriende ook vir slegte mense uitgekryt.

Ek is meer as (bereid) om met julle daaroor te praat en het niks om weg te steek nie. Ek is nie skaam oor my kind nie en het haar reg grootgemaak.

Die Gautengse onderwysdepartement het bevestig die meisie is onmiddellik uit die skool geskors. Haar pa sê sy is vir sewe dae geskors.

Volgens die seun se tante het die skoolhoof aan hulle gesê die leerling wat die video gemaak het en die leerlinge wat toegekyk het, is ook in die moeilikheid.

“Die skoolbeheerliggaam sal mettertyd die tugproses fasiliteer en die departement sal verseker dat die regte prosedures gevolg word,” sê Steve Mabona, woordvoerder van die departement, in ’n verklaring.

Die seun se familie het Donderdag ’n saak van aanranding by die polisie aanhangig gemaak. Hulle wag tans op ’n saaknommer.

“Hy probeer dapper wees, maar hy is ’n teruggetrokke kind.

“Ek probeer hom moed inpraat, want hy is bekommerd oor wat mense van hom dink omdat ’n meisie hom geslaan het,” sê sy tannie.

Meer oor:  Boelie  |  Slaanvideo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.